dsc00731
Matriekafskeid

Chrisna Prinsloo

Ek het lank gesoek en gedink na ‘n idée vir die rok. My ma wou nie val vir die kort rok idée nie, maar ek was vasbeslote om nie ‘n lang rok te dra nie. Op ‘n dag sien ek ‘n foto van die rokkie in ‘n tydskrif en ek verloor my hart op die patroon. My ma het geen keuse meer gehad nie en ons is na tannie Roleen ‘Rokmaker’ Beelders toe. Sy het die prentjie bietjie bestudeer, aangepas en toe haar eie voorstelling daarvan ontwerp. Ek is mal oor die rok omdat dit uitbeeld wie ek is en ek voel baie gemaklik daarin. Dit dans so lekker.

Sien alle inskrywings