Matriekafskeid

Ciska Agenbag

My matriekafskeidsrok was beslis ‘n avontuur…..ek wou hê my rok moes uniek wees , eie aan my persoonlikheid en my sussie MOES dit maak (wie nie eens naaldwerk op skool gehad het nie) By die materiaal winkel het my sussie my vertel waarom sy die kleure kies: Blou – vir my lewenslus; Geel – vir my sonnige geaardheid; Groen – want ek is natuurlik en nie aangeplak; Pers – dis die kleur van konings en ek moet soos’n prinses voel op my matriekafskeid. Die aanmekaar sit het begin hier te kort daar te lank,ons het die materiaal getoring, geskeur, op vakansie gevat en tot ou nag daaroor gelag en gehuil as die mates nie wou pas. Hierdie rok het baie sentimentele waarde en is die rok meer werd vir my as wat geld kan koop by die beste ontwerper in die land. My ontwerper is my inspirasie, sy het met toewyding my rok gemaak en ek kan hierdie lewensles saam vat op my lewensreis wat nou begin….liefde en ‘n bietjie geluk is wat elkeen op hulle lewenspad moet saamvat!

Sien alle inskrywings

  • Lulu

    Ciska, jou verhaal, jou sentiment aan jou rok, jou deursettings vermoë en jou rok is asemrowend. Jy is n’ baie mooi mensie, moet nie verander, ek dink ook dat jy n’ wonderlike dogter vir jou ouers is! Soen en druk jou Sus want hierdie skepping met haar inspirasie gaan jou die wenplek verseker!! Ek het al deur almal gekyk, daar is baie mooi rokkies, maar jy, jou rok, en jou verhaal is my wenner!!
    Sterkte vir jou toekoms!!

  • Suzette

    Pragtig !!!!!
    Hoop jy bly so mooi soos wat jou sussie jou persoonlikheid geassesseer het….. jou rok en storie is uitsonderlik.

  • Vicky

    Prinses, jy het pragtig gelyk. Daardie rok komplimenteer beslis jou sonnige geaardheid en jou glimlaggie. Well done Suzette, jy beteken baie vir haar. Sterkte met jou toekoms en jou verhaal is regtig die treffer.

  • Retha Meyer

    Ciska ek het skoon hoendervleis gekry toe ek jou verhaal lees. Jy het pragtig gelyk en ek kan jou ongerepte persoonlikheid aanvoel. Bly altyd so positiewe bondeltjie mens!!!

  • Lizé

    Ciska, dis regtig ‘n uitsonderlike rok en jou verhaal is pragtig! Dis vir my mooi om te sien dat susters so goed oor die weg kan kom. Jy is baie bevoorreg!

  • ANSIA SCHOEMAN

    Ciska jy en jou rok is een uit ‘n miljoen en ‘n miljoen in een !!! (Jy het gekies om ‘n ten spyte van mens te wees en nie ‘n as gevolg van mens nie – mag dit ook jou leuse vir die toekoms wees.
    Ek is trots op jou (en jou Sus)

  • Marie

    Jy is ‘n pragtige jong mens en die rok pas by jou. Soos wat jou sussie jou beskryf het kon sy nie ‘n mooier skepping gemaak het nie. Ek, soos so baie ander wens jou alles wat mooi is toe en die rok is net die begin daarvan.

  • sonja

    Jy lyk awsome!!! Hoop jy wen 🙂 jou rok is Heavy mooi,ek dink enige dirl se droom!!!

  • Anna

    Hi jy sal my nie ken nie maar ek is mal oor jou rok en dit lyk stunning en dit pas jou baie mooi

  • Schantel

    Hi.

    Jou rok is asemrowend!!1
    Ek is mal daaroor.

    Ek is altyd op die uitkyk vir sulke tiepe goed.
    Ek love rokke!!!

    Ek design my eie rokke.
    En jou rok is BAIE mooi!!!

    Ek hoop regtig jy wen…regtig.
    As ‘n designer dink ek 100% dat jy sal wen!!!

    Sterkte en lekker dag.

    Schantel.

  • soekie

    ‘n besonderse rok, besonderse storie en twee besonderse mense! alles tog te pragtig*

  • Cathy

    Ciska, jou raak is regtig besonders net soos jy en jou wonderlike persoonlikheid. Goeie werk Suzettie, stunning!! Defnitief ‘n wenner!!

  • Michelle Meyer

    Ciska dis beautiful!!! Die mooiste rok en die mooiste verhaal!! Dis ‘n Wenner!!

  • Natasha Pillay

    What a nice inspiration. Best of luck

  • Lucinda Boshoff

    "Stunning" jou storie, jou rok en jy!

  • Christina

    Christina het gese: Ciska jy lyk pragtig!!! Jou sprankelende geaardheid
    weerspieel jou pragtige rok en verhaal. Jou sussie het haarself oortref
    jy kan trots wees op haar. Jy is n wenner duisend!!!!!

  • Jou sussie

    My liewe sussie,
    Al die harde werk was beslis die moeite werd…. Vir my is jy pragtig van binne en buite….die rok was beslis stunning!!!

  • Deidre

    Ciska, I think that both you and your dress look stunning. This creation of yours belongs amongst the top designers of Hollywood. I can definitely see it being worn by a Celebrity on the red carpet. The colours are magnificent and the style provocative, yet tasteful to the degree of leg shown.

  • Ivy Roos

    Ek sien ‘n ongelooflike en besonderse mooi rok, maar wat ek verder sien is nog meer kosbaar. Jy is sterk, rein en het opregte ideale wat niemand ooit van jou kan weg vat nie. Jy is inderdaad ‘n sonstraaltjie, en jou sus kon dit nie vir jou op ‘n beter manier bewys het nie.

  • Jeannè Swart

    Hi Ciska, WOW dit is stunning!!! En met daai lyfie, ja nee wat dis is definitief ‘n wenner.

  • Engela

    Ciska,jou yster!Shoe jy lyk prentjie mooi!!Ek dink Zettie het haar roeping gemis!Dit lyk so of daardie rok jou tweede vel is!!
    Jou storie is pragtig soos jy!
    Lovit!

  • riana

    ciska dit is die tipe rok wat mens laat snak na jou asem!Omdit in 3 woorde te beskryf – ASEMROWEND,SEXY,BEELDSKOON!!!

  • Michelle

    All I can say is WOW! You look beautiful and the dress is absolutely stunning – your sister did a great job and I just loved the inspiration behind of the choice of colours picked for the dress! This is definitely an inspirational dress that was made with lots of love!

  • Eylana

    Dit is ‘n besonders unieke en baie sexy rok. Ciska jy is ‘n baie gelukkige meisie om so ‘n stylvolle sus te hê. Julle twee is ‘n wen-kombinasie!

  • Leonie

    Dit is regtig iets besonders! Well done Suzette! Ciska het STUNNING gelyk! Definitief DIE WENNER!

  • Maritsa

    Ciska jou rok is pragtig – die kleurkeuse is ‘n weerspieëling van jou persoonlikheid en dit maak die rok nog meer "stunning" Jou rok is volmaak veral omdat al jou innerlike elemente bevat – en spesiaal gemaak deur liefde Wonderlik!

  • Karin Minnaar

    Ciska, jy lyk fantasties!! Niemand sou beter reg aan jou rok kon laat geskied het nie! Mens kan sien dis met liefde gemaak. Jy is voorwaar bevoorreg om so ‘n sus te hê!

  • Siekie

    CiSKA, woorde is min…wenner is jy!!

  • Celeste

    Dis stunning mens.Jy lyk ongelooflik.Dis sekerlik een van die mooiste rokke wat ek nog gesien het. Geniet jou jonggees en jong mens wees.Die herinneringe gaan vir jou vorentoe soveel beteken.Jys n stunning girl.

  • Ulinda Boshoff

    Ulinda Boshoff het gese: Ciska Jy is ‘n sonskynkind, ek dink nie daar is enige ander tiener wat al deur die druk is waardeur jy gegaan het nie, jou morele waardes is hoog en tog bly jy nederig tenspyte van alles wat al in jou lewe gebeur het en kyk jy nog op na HOM en lig mense op wanneer hulle laag is. Dankie dat jy een van daardie wonderlike geskenke is wat God aan jou ouers en sussie geleen het. Jou rok is stunning en ‘n ware wenner nes jy.

  • uGtu6v cjijdgdslqhq, [url=http://rygwvtiwtzng.com/]rygwvtiwtzng[/url], [link=http://xcfszjljdaoq.com/]xcfszjljdaoq[/link], http://zkzqnelghiwx.com/

  • Lynette Conradie

    Ciska, jy ken my nie, maar ek ken jou sus baie goed. Suzette jy het jouself oortref.Ek het geweet jy is tot enige iets instaat. Dit is n wenner, en Ciska,die rok weerspieël jou as persoon soos wat jy en jou sus daaroor besluit het. Stunning en ek weet jy sal wen. Sterkte.

  • Heila

    Pragtig!!! Jou storie van jou rok is ‘n baie mooi verhaal wat ons weer moed gee vir die toekoms, dit gaan nie oor die prys van ‘n rok nie maar oor wat die aand vir jou spesiaal gemaak het!

  • Hanlie

    Jou rok laat my aan ‘n feë verhaal dink. Dit is droommooi. UITSONDERLIKE rok !!

  • Lizelle

    Jou rok is net te mooi vir woorde!!

  • Ida

    Hierdie rok is ‘n inspirasie vir so baie mense. Ciska jy dra hierdie rok met styl en grasie. Jy is voorwaar ‘n liggie wat skyn.

  • Celeste

    Die mooiste rok hier. Geluk Ciska

  • William

    Ek as man dink hierdie is die mooiste rok.

  • Leonie

    Die wenner beslis!

  • Unita

    Ulinda Boshoff het gese: Ciska Jy is ‘n sonskynkind, ek dink nie daar is enige ander tiener wat al deur die druk is waardeur jy gegaan het nie, jou morele waardes is hoog en tog bly jy nederig tenspyte van alles wat al in jou lewe gebeur het en kyk jy nog op na HOM en lig mense op wanneer hulle laag is. Dankie dat jy een van daardie wonderlike geskenke is wat God aan jou ouers en sussie geleen het. Jou rok is stunning en ‘n ware wenner nes jy, ek sien dat hierdie kommentaar ook uitstaan by Chriselle Storm!!! Ciska jou rok is uniek net jammer dat die mense se comments nie so uniek is nie…

  • Ann

    In elke mens se leeftyd is daar altyd besonderse herinneringe waaraan elkeen kan vashou….hierdie storie spreek van self dat jy verseker kan glo in wie jy is en wat jy kan saam neem op jou lewenspad !!!
    Jy het stunning gelyk en jou sus het verseker die talent….. Julle twee klink na twee besonderse mense om te ken !
    BESLIS NA MY MENING DIE WENNER….as ek jou inspirasie lees en ook omdat dit die mooiste matriekafskeidsrok vir my is.

  • Chenel Boucher

    WOOOOOOOOOOOOOOOWW!! pragtig!

  • Sarie

    Jy straal, dis stunning… Hoop beslis jy val in die beoordeelaars se guns… Jy verdien om te wen