Matriekafskeid

Clarise Smith

As klein dogtertjie was my inspirasies en ikone die pragtige prinsesse in sprokiesverhale, ek het gedroom van ‘n pragtige balrok, ek wou ook ‘n prinses wees, al was dit vir ‘n enkele aand. Die tienerjare het ingetree, ek het modebewus geraak en sodoende ook besef dat valletjies en blommetjies soms oordrewe is en dat glasskoentjies eintlik ongemaklik is, dus het ek inspirasie begin vind by die stylvolle supersterre wat daagliks die rooitapyt aandurf en sodoende my finale droomskepping saamgestel. My droom was omskep in ‘n realiteit, al was dit vir ‘n enkele aand kan ek eendag, met trots, my eie feëverhaal vertel.

Sien alle inskrywings

  • Karin

    Baie mooi rok! Lieflike kleur en baie mooi meisie. Sy skryf ook goed!

  • Heila

    Jy is n pragtige meisiekind met n pragtige rok!

  • Leilani Roote

    I like it!

  • Helen van Zyl

    Jy het so pragtig gelyk, ‘n prinses in eie reg! Stunning!!!

  • Hannelie

    Pragtig gelyk, so elegant.