a2
Matriekafskeid

CORNE HALE

As julle my inskrywing uitgooi, sal ek verstaan, maar ek wil net graag my matriekafskeidaand met julle deel. Ek het tot ‘n week voor die “groot” aand nie geweet wat om aan te trek nie. Ek het net geweet ek moet iets anders doen! Almal fokus net altyd op die meisies, ‘n seun moet maar net inpas. Dis mos my groot aand ook! Ek het my beste vriendin gevra om saam my matriekafskeid toe te gaan en sy het van die begin af gesê, sy sal inpas by my. Ek is ‘n WP hekkie atleet en speel ook al vandat ek 4 jaar oud is rugby, so my inspirasie was verseker Rugby en natuurlik met die Wêreldbeker kon ek wegkom daarmee!! Ek het altyd gedink ek sal eendag wil trou in ‘n kortbroek en gelukkig het die matriekafskeid eerste gekom, want ek dink nie my vrou sal eendag van die idee hou nie!! My vriendin se rok het baie mooi inskakel by my “pak” en ons het baie komplimente gekry. Moet net nie dink dit was alles maklik nie, want ek was maar baie gestress oor wat die mense gaan sê. Vandag is ek nie spyt nie, want ek het ‘n “statement” gemaak en dit was ‘n wonderlike aand!!!

 

Sien alle inskrywings

  • Karin

    Oulik gelyk! En baie goed geskryf!

  • Hannchen Mielmann

    Ek dink jy het baie stylish gelyk en moet nie dat wat ander mense se jou beinvloed nie.

  • Natasha

    haha bje nyc fotos..:-)

  • rouxle

    baie oorspronklik!

  • Belinda

    Well done! Ek dink dis great dat jy die inisiatief geval het on ‘n statement te maak. Julle het uniek gelyk

  • Theresa

    Oulik en mooi seun!

  • Magda

    Sjoe…maar dis mooi!!! Ek hou van jou brief en net omdat jy die moed gehad het, om die foto in te stuur…BAIE NICE!! Ek wens jou alles van die beste toe en glo jy sal nog ver kom!!! Jou vriendin is ook pragtig….. Voorspoed en ek hoop jy wen iewers iets, met die mooi foto….modelwerk is vir jou!!!

  • Anchen

    Corne is gister aangeval en tans in ICU. Die dokters kon hom nog nie bybring nie aangesien hy bloeding op die brein het. Hou hom asb in jul gebede. Mens besef te min hoe die lewe in ‘n oogwink kan verander.

  • Marius Coetzee

    Bid asseblief vir Corne – hy is in ICU. Hy is aangerand, het skedelbreuk en bloeding op die brein en is steeds in ‘n koma.

  • anoniem

    Pragtige seun en vandag lê hy in ICU en baklei vir sy lewe en dit oor ‘n onverantwoordelike persoon hom onnodig aangeval het nadat hy onskuldig by ‘n bekende kuier plek uitgestap het oppad huis toe!!Hou asb die seun in jul gebede hy’t elke gebed nodig!!

  • Antoinetta

    Ek bid dat jy herstel ná die aanval. En vir krag en moed vir jou mamma (& res van die familie).

  • Amarisca Oguz

    ALMAL STEM ASSEBLIEF VIR CORNE TER NA GEDAGTENIS AAN DIE FANTASTIESE MENS! HY IS OORLEDE…. 11/26/2011

  • Corrie du Plessis

    corne, ou seuna ek kyk met trane in my oe na jou. Jyt ‘n statement gemaak. RIP my kind, mag die wat verantwoordelik was vir jou heengaan aan ons Groote God moet verantwoording doen.

  • Surene

    Is dit nou dieselfde seun wat vroeër vanaand oorlede is?

  • Marius Coetzee

    Corne is vanaand 6:30 oorlede – ons bid sy familie alle sterkte toe.

  • maria

    n Pragtige foto en hulle lyk pragtig!!
    Die arme seun is vanaand 6:30 oorlede na n dronk man hom aangerand het. My mee gevoel gaan uit na sy familie.
    Rus in vrede Corne

  • Linda Dippenaar

    Corne Hale is vanaand oorlede. Na ‘n kuier by ‘n klub in Bellville gisteraand is hy aangerand en het vanaand aan sy beserings beswyk. Wat ‘n tragedie!! ‘n Kind wat op die drumpel van sy lewe gestaan het. Ek het vanaand sy ma se Facebook inskrywings gelees – vandat hy gisteraand beseer is – tot vandag met sy dood. Dit het my hart gebreek, ek kan maar net bid vir hulle wat agterbly.

  • JASOONC

    R.I.P. CORNE.

  • kim agnew

    Dit is baie mooi fotos, jy sal vir altyd in ons harte bly. RIP Corne

  • Tania

    baie hatseer om te hoor oor sy afsterwe, bid vir die familei en sy vriende in besonder die matrieks van Tygerberg

  • Skye

    Dit is so jammer dat hierdie beautiful seun se lewe so wreedagtig tot ‘n einde moes kom – hy het soveel drome en ideale gehad :( Gelukkig het hy ‘n wonderlike matriekafskeid gehad

    (http://www.dieburger.com/Suid-Afrika/Nuus/Matrikulant-veg-om-lewe-in-hospitaal-20111125)

  • Marina

    Bly jy kon jou statement maak Conrne en die pak dra na jou groot dag, aangesien jy nie meer in ‘n kortbroek kan trou nie. Jammer dat Edward Straat, Bellville jou mooi jong lewe beindig het. Ons harte gaan uit na jou familie en vriende.

  • Tanja

    Hierdie pragtige seun is op Saterdag, 26 November oorlede. Hy is aangerand buite ‘n klub in Belville, ernstige brein- en hoof beserings opgedoen en is ‘n paar dae na die aanval in die hospitaal oorlede.

  • Annoniem

    R.I.P. Correls!
    10 Februarie 1992 – 26 November 2011
    ‘n Legend wat die meisies se koppe laat draai het!!
    Ons mis jou alklaar!

  • Gideon

    Gaan kyk asb dat die seun gister 6:30 oorlede is. Op facebook is dit bid asseblief vir Cone Hale. Sy ma is ook op facebook.

  • Charles

    R.I.P. het jou nie geken nie maar hoop die ou wat jou lewe geneem het kry ooit die voorreg om ‘n nag deur te slaap sonder dat sy gewete hom nie wakker hou nie! Was self n salgoffer van soortgelyke geval in stellenbos en het ook in die hspitaal beland; gelukkig daarvan afgekom. Sterkte vir die familie!

  • Lindi

    RIP Corne Hale. Het jou nie geken nie,maar jou dood was regtig waar onnodig. Sal jou nie vergeet nie en mag dit n les wees vir die jong kinders in die toekoms. Jy het ongelooflik gelyk op jou matriekafskeid.

  • Erica

    Ai dat jou lewe so kort geknip moes word. Die Tygerbergers sal jou ALTYD onthou Corne

  • Tanya

    RIP CORNE – jy sou n sexy model gemaak het! Mag hulle die mense kry wat jou so lelik seer gemaak het laas week. Ek dink aan jou familie en al jou vriende. Almal sal jou smile en jokes baie mis!

  • San-Marie

    So mooi maar dis moeilik om te dink jy is nou nie meer met ons nie.Was skokende nuus on te hoor wat met jou gebeur het en toe die skielike afsterwe.Die Here is nou by jou . Rus in vrede Corne.

  • Lelanie

    Ek was so aangeraak met die skrywe van ‘n jong man, maar ongelukk is sy lewe nou kort geknip en is hy Saterdag 26/11/2011 oorlede.

    Ek het hom nie geken nie maar hy is vir my baie "smart" gelyk in sy uitrusting.

    Mag sy familie berusting kry om te weet dat hy nou rus in GOD se arms.

  • Joelene Delport

    RIP Corne.. another young life taken too soon

  • Aneli

    Ek blaai nog so rustig deur die foto’s en hier spring jy op. Jy pragtige jongman, wie se lewe so skielik en aaklig kortgeknip is na ‘n wrede aanranding. Oorlede Saterdagaand in Hospitaal in Bellville. My hart gaan uit na sy ouers, boetie en almal wat hierdie kind so liefgehad het. Sy inskrywing vertel van die lewenslustige jongman wat hy was en duidelik nog daar moes wees om die lewe te geniet. So bly jy kon jou kortbroek toe dra!

  • Ruanda Rossouw

    Corne het sy lewe voluit gelewe en het diep spore nagelaat in baie mense se lewens met sy lewenslustigheid en unieke glimlag** sy dood (26 November 2011) het baie mense geruk en nader aan die Here gebring. Op hierdie foto kan mens sien hy was baie oorspronklik en het kon enige uitrusting goed laat lyk, Hou net aan glimlag Corne, jou vriende sal jou altyd onthou***

  • Samantha Smith

    Ai shame man :"(
    En nou is hierdie pragtige seun se lewe geneem.
    Dit is ‘n groot tragedie en ek voel so jammer vir sy geliefdes.
    RIP Corne Hale

  • Monica

    Ek dink julle het awesome gelyk! Iets anders en baie oorspronklik.

  • Hester Hale en gesin

    Ai mense…met ‘n verskriklike seer in my hart skryf ek hierdie brief.Corne is Donderdagoggend 01:15 erg aangerand en het Saterdagaand 18:30 beswyk aan sy kopbeserings!!! Hy was ‘n baie besonderse kind en was baie gewild en geliefd onder oud en jonk!! Duisende mense het al boodskappe gestuur en verskeie dienste word vir hom wereldwyd gehou. Die enigste troos wat ek uit hierdie donker tyd kry, is om te weet my Karools kind is by sy Ouma en soooo baie mense treur saam my!! Baie,baie dankie vir almal wat na die foto gekyk het en die brief gelees het!! My seun was so opgewonde oor almal se kommetaar! Hy het eintlik gedink almal gaan vir hom lag en niemand het nie!! Baie dankie aan almal vir alles en hou julle kinders styf vas en bewaar hulle veilig!!! Baie liefde

  • Chanet

    Dis vir my so ongelooflik tragies dat hierdie pragtige jong seun se lewe so skielik tot ‘n einde gekom het. Mag jy nou styf langs God sit Corne

  • Kim Brummer

    Even though he is sadly not with us on earth anymore, I dont see why he could still not be the winner. He looked amazing and his motivation is great. It would be such a great way to honour such a remarkable person and especially as he had the guts to enter!

  • Roancha

    Sulke mense wat ander vermoor en seer maak dink nie aan die ander nie. Ek weet jy gaan langs God in die hemel sit en neer kyk op jou familie . Ekt jou nie self geken nie maar my vriende het jou geken . Onthou net iemand wat iemand anders se lewe geneem het kry swaar. Sterkte vir die hale familie ?

  • chanell

    dis regtig sad oor wat gebeur het, my broer was so te se ook in die selfde panarie maar gelukkig is hy vandag nog met ons, ek het niks teen durbanville nie maar die clubs daar raak soms baie gevaarlik, dwelms is die inding daar.ek het nie corne geken nie maar hy het baie by die ou cheetahs gekom en die meisies was mal oor hom. kan myself net indink hoe sy ouers moet voel.ek sal vanaand die straat bywoon.

  • Bernice

    ek self is ‘n matriek leerder en ek moes 3 mande terug ook n goeie matriek leerder aan die dood af gestaan het, dit was niks maklik nie. Hy het baie mense se harte geraak en het baie mense se lewens verander, toe ek hoor van corne toe dink ek terug, al die pyne en emosies. AAN CORNE SE FAMILIE, ALLE STERKTE, HOU VAS AAN AL DIE GOEIE MEMORIES EN HOU MOED. DUS N MOEILIKE TYD MAAR DIE HERE SAL ALTYD DAAR WEES. RIP CORNE

  • Sandra Uys

    Corne jou vriendskap was vir my seun Deon Uys ("Vleis") die jaar 2010 wat jul saam was in die koshuis in Outeniqua van ONSKATBARE WAARDE, my groot seun het soos ‘n baba gehuil toe hy hoor jy is weg …….

  • Elzette van Tonder

    Ai ou correls, jy was regtig ‘n baie oulike kind. Daar’s soveel mooi dinge om te onthou.
    Baie, baie sterkte aan die gesin en elkeen wat vir hom omgegee het. Liewe Jesus sal julle
    versterk.

  • Bernice van Zyl

    Ek ken jou nie, maar toe ek hoor van hierdie tragedie moes ek bietjie gaan oplees. Ek weet sommer jy het baie mense se harte geraak met jou tyd hier op aarde. My gedagtes is by jou familie en almal wat jou persoonlik geken het. Ek bid vir julle. Stel net julle vetroue in die Here en Hy sal genees.
    Sterkte**

  • Desiré

    Ek kan nie glo dat iemand so jonk, so ‘n onverantwoordelike daad kan pleeg nie. My hart gaan uit na sy naasbestaandes. Hou net Sy hand vas en Hy sal julle krag gee. Dit was so onnodig.Ek glo hy was net ‘n engel in julle huis gewees. Mag die monster wat dit veroorsaak het baie baie lank aan die pen ry. Sterkte!!!!

  • Molley

    Innige meegevoel aan familie en vriende. Mag julle vertroosting vind in hierdie moeilike tyd.

  • Caroline van Zyl

    Ai Corne,al het ek jou nie geken nie,voel dit so.
    Ek het self 2 pragtige seuns,en voel baie jammer vir jou ouers en al die hartseer wat hulle moet deurgaan.
    Ek hoop net die persoon wat jou aangerand het,sal boet hiervoor,al bring dit jou nie terug nie.
    Baie ,baie sterkte aan sy ouers en broer.
    Ek dink aan julle.

  • Candice

    Ai Korrels, ek dink julle het wonderlik gelyk… weereens wys dit net vir ons n betjie van wat jo persoonlikheid was>..j het altyd kaanse gevat en j was net altyd jou eie mens.>. ek gan jou baie miss al weet ek j is in n beter plek…ek glo ek kan se en mense sal defintief die selfde voel< ‘ ons was nog nie reg om jou te laat gani maar nou kan ons nie wag om weer bymekaar te kom in dai wonderlike plekkie (HEMEL) Lovies candice

  • TYGERBERG OUER

    Korrels my kind en vriende/vriendinne se hart is so seer met jou verlies, selfs ek wat jou nie persoonlik geken het nie, maar op die rugby veld gesien het, het vir dae aaneen gehuil. Die gedagte dat so ‘n pragtige kind nie meer daar is nie, het my hart gebreek.
    Dankie vir die boodskap wat ek ontvang het by jou begrafnis "EK IS TOT ALLES IN STAAT DEUR CHRISTUS WAT MY KRAG GEE" RIP

  • D.L

    RIP Korrels! Jy was n Legend! Sal jou nooit vergeet nie. Jy was n ware man en het altyd goed in ander mense gesien. Ek weet die woorde beteken nou niks maar ek wens net ons het dit meer vir jou gese toe jy nog gelewe het. Ons almal sluk swaar na jou Dood en dit nog moeilik om daaroor te praat. Ons verstaan nog nie lekker hoekom jy nie, ek dink nie ens tyd sal dit kan verduidelik nie. Toe ons jou verloor het, het ons almal iets van ons self verloor. Ons mis jou, en Jy is n ware LEGEND!

  • chane

    corne was n yster!!!!!!!! RIP Correls en sterkte vir die Hale gesin

  • anoniem

    Ek het corne nie geken nie, maar na ek almal se berigte gelees het voel dit asof ek hom self geken het.Wys net hoe amazing mensie hy was, hy kon die onbekende se harte raak.