september_2011_149
Matriekafskeid

Corrie Schoonbee

Dit was ‘n baie spesiale rok wat reeds op ‘n spesiale geleentheid van ‘n ander familielid gebruik was en wat dit toe aan my gegee het omdat sy geglo het die rok pas perfek by my persoonlikheid. Ek was baie verras en het dadelik daarvan gehou. Die rok is nie te oordoen nie, maar ook nie te plein nie en toe sy my sien het sy dadelik gesê sy het die perfekte rok vir my oor ek ‘n plaasmeisie sonder fieterjasies is. Die aand van die matriekafskeid was ek baie beindruk, omdat ek die enigste meisie met ‘n tweestuk was.

 

Sien alle inskrywings

  • Amanda Coetzer

    Dis net die rok vir Corrie, soos sy se…Geen fieterjasies nie…. die rok en haar persoonlikheid pas absoluut bymekaar.

    Ek glo daaraan dat ‘n mens gemaklik moet voel in wat jy dra…en dis presies die geval hier.

  • Corrie Schoonbee

    Die rok pas haar perfek!

  • Sunette Blaauw

    Corrie het baie mooi gelyk in hierdie rok! Dit is presies net soos sy is. Pragtig!

  • Renee Koen

    Well Done!!! Lyk regtig stunning en die fodie wat van agter geneem is is net so ‘n stunning foto!!! :)))

  • Hendrika

    Dis ‘n pragtige rok, stylvol en pas absoluut by Corrie

  • Liza Basson

    jy het baie mooi gelyk….

  • Leonora van Zyl

    Fantasties!!!! Sjoe, jy het baie mooi gelyk en dit lyk asof die rok spesiaal vir jou gemaak is!!!!! Perfek.

  • Elizabeth

    Oulike paartjie

  • Marie Beukes

    Pragtig en soos gewoonlik gaan haar hondjie saam!

  • Wilma Blaauw. Die rok sit pratig

    Wys ons hoe lyk die rik van voor

  • Sarel van Wyk

    `n Plaasmeisie moet mos so ordentlik lyk

  • Karin

    Stunning!!!! Rerig prentjie mooi!!

  • Carol-Ann Schoonbee

    "n baie besonderse rok, veral die bo-stuk. Dit pas perfek

  • ouma Corrie Blaauw

    Die rok pas jou soos ‘n handskoen. Jy’t pragtig gelyk, ouma is trots op jou.

  • Andel van Rooyen

    Jy het baie mooi gelyk …!!

  • pieter dorfling

    So moet ‘n Gobabis meisie mos lyk, fieterjasieloos pragtig!

  • Andel van Rooyen

    BAIE MOOI..

  • Lizbeth van Zyl

    Baie, baie mooi sonder fieterjasies en stylvol.Pas by jou !!!