courtz_sven_vollengte
Matriekafskeid

Courtney Taljaard

Elegansie, “less is more” en ‘n tydlose styl was my inspirasie vir my matriekafskeid rok. Dit moes ‘n rok wees wat gemaklik pas en wat ek weer kon gebruik vir troues, formeel en semi-formele dinees en danse. Ek wou nie ‘n rok he wat “matriekafskeid” skreeu nie en dit moes nie so styf en ongemaklik sit dat ek te bang is om te dans of te eet nie. Dit moes ‘n vloeiende, vroulike rok wees in ‘n helder kleur wat ‘n “statement” maak. Dus het ek inspirasie gekry van Kate Middleton se rokke en Elie Saab se ontwerpe wat vloeiend, vroulik en swaaiend is met ‘n klein bietjie bling maar glad nie over the top nie. Ek wou ‘n ietsie in die ontwerp he wat my herrinner het aan Griekse godinne wat ‘n toonbeeld van uiterlike skoonheid met innerlike sterkte was. Die silver ringetjies met klein diamante (nie eg nie) wat ek op die bandjies ingeryg het, het ‘n baie subtiele Griekse invloed gebring.

 

Sien alle inskrywings

  • Elmarie Taljaard

    Wow! Stunning kleur en glad nie over the top nie! ‘n Wenner voorwaar.

  • Karin de Gouveia

    Less IS more! wat ‘n pragtige rok!