Matriekafskeid

Danel Thompson

My rok se inspirasie het gekom uit ‘n stresvolle situasie en die grootste teleurstelling ooit – my droomrok, wat ek laat maak het was ‘n ramp en ek moes twee dae voor die matriekafskeid spring om ‘n nuwe rok te kry, dit was of dit of ek sou die spog geleentheid moes misloop! Ek glo elke meisie moet spesiaal voel op hierdie spesiale dag in jou lewensreis na volwassenheid. Gelukkig is daar ‘n baie spesiale vriendin van my ma wat die hele nagmerrie situasie verander het in ‘n dag wat ek nooit sal vergeet nie! Die Woensdag het die groot soektog begin en danksy haar en Your Day Boutique, wat ‘n rok beter as my droomrok gehad het, het die nagmerrie in ‘n onvergeetlike sprokie verander. My rok sal altyd vir my ‘n herhinnering wees aan ‘n aand wat ek sou misloop, was dit nie vir al die spesiale mense in my lewe wat die aand vir my moonlik gemaak het nie! Ek was ryklik geseën en sal my matriekafskeid nooit kan vergeet nie!

 

Sien alle inskrywings

  • Christa Hood

    Danelle, jy het stunning gelyk. Die rok is baie elegant en stylvol.

  • Marinda Louw

    Dit is die mooiste rok en die persoon wat hom dra is nog kosbaarder sy het n hart van goud en is die mooiste meisie wat ek ken.

  • Hein

    Baie Mooi Danel, Hoop jy het dit baie geniet!

  • Monè Smit

    Wat ‘n pragtige jong dame. Enige moeder se droom. Jy’t pragtig gelyk kinta en is ‘n voorbeeld vir talle jong dames. TOPS!!!

  • Marinda Thompson

    Jy het nog die mooiste ooit gelyk!! Die rok was spesiaal vir jou vir jou spesiale dag!! Jy straal DIT uit wat sekerlik baie mense begeer!

  • Riekie Greyling

    Danel Vir my was jy die stunningste jong vrou op die matriekafskeid. Jou uiterlike weerspieel jou awesome innerlike. Ek is so bevoorreg om jou te mag ken!!!!!

  • Petro Els

    Danel, jy het defnitief uitgestaan en baie mooi gelyk.