Matriekafskeid

Danelle Odendaal

Ek het ‘n rok van Abigail Betz gesien wat sy op fashion week vertoon het. Ek was mal daaroor omdat dit alles van vroulikheid saamgevat het. Dit was elegant, tydloos en romanties. Ek het toe geweet dat ek wil he sy moet my eie elegante en tydlose rok ontwerp vir die spesiaalste en onvergeetlike aand van my jongmeisie lewe. Ek het saam met my ma na haar winkel in Rosebank Mall gegaan en vir haar beskryf hoe ek dink my droomrok behoort te lyk. Sy het al my verwagtinge oortref en die eindresultaat het my asem weggeslaan. Die rok het my soos ‘n prinses laat voel.

Sien alle inskrywings