Matriekafskeid

Danielle Dartnall

Na baie passings in boetieks en pentjies kyk van rokke op die internet, kon ek nie heeltemal besluit wat ek wou he nie. Ek hou nie van te veel fieterjasies en valletjies en frilletjies he nie. Ek wou ‘n rok he wat by my persoonlikheid pas en nie andersom nie. Ek het toe by Hilma Schultz van Hilma Couture uitgekom wat my gehelp het om my rok te bewaarheid. Ek wou he mense moet die meisie in die rok raaksien, nie eers die rok nie. Hilma het my gehelp om die droom te verwesenlik. So tussen die ontwerp en maak van my rok het Hilma die ware Danielle help ontwaak. Toe ontpop ‘n stylvolle, elegante rok wat ek definitief weer sal kan dra na ‘n ander geleentheid. Die kleur was ook perfek vir my gelaatskleur. Dis ‘n diep pienk pers kleur wat nogal heelwat verander soos die lig daarop val. Die bietjie bling op die rok was perfek en nie te veel nie. Die silwer bykomstighede het die hele prentjie afgerond. Ek het soos ‘n regte prinses gevoel.

 

Sien alle inskrywings

  • Merinda

    Pragtig! Pragtig! Pragtig! Geen tierlantyntjies nie, baie natuurlik. Stunning rok en meisie!!!

  • Martie Kruger

    Lyk pragtig, professioneel sowel as asemrowend pas perfek by Danielle.

  • Vanda Joubert

    Hierdie is ‘n baie, baie mooi kombinasie van kleur en styl. Is ‘n ideale rok vir ‘n matriek afskeid en is baie stylvol vir ‘n lyf soos Danielle. Rok lyk baie gemaklik en is nommer pas

  • Esmé Erwee

    ‘n Baie mooi rok. So reg vir die rooi tapyt en al. Ongelooflik mooi.

  • Daleen Scheepers

    Sy is pragtig! en die rok het beslis ten beste vertoon. Ek was die fotograaf en dit was ‘n absolute plesier om die fotos te kon neem! You go girl!

  • Tanya van der Merwe

    Dit is ‘n baie unieke rok – sy lyk stunning!

  • Amelia Dartnall

    Daniiele het voorwaar pragtig gelyk, en sy was gelukkig in die rok wat baie belangrik is. Goeie ontwerp en keuse van kleur en bykomstighede.

  • Jorika Enderstein

    Super stunning girl….. jy is pragtig…..

  • Petro Robbertse

    Asemrowend. Geen verbeterings nodig aan rok of meisie. Hierdie is ‘n wenner!!

  • Tersia

    Danielle het pragtig gelyk, stylvol en sjarmant. Die meisie in die rok is net so pragtig soos die rok! Danielle jou dag moes perfek gewees het, want jy en jou rok is regtig asemrowend, wens meer meisies wil soos jy dink……

  • Linda Wepener

    Dis ‘n pragtige, stylvolle rok vir ‘n pragtige "girl" – geen tierlantyntjies en pas perfek – ek is mal oor die kleur – heeltemal iets anders – Danielle lyk STUNNING!!

  • Anoniem

    Ongelooflik mooi! Die rok was perfek vir die geleendheid en Danielle het natuurlik en gemaklik gelyk. 100% reg vir ‘n matriek meisie!!!!

  • Marius

    Ongelooflike mooi meisie. Stunning rok, sal ewe gepas wees op die "catwalks’

  • Kitty Kotze

    Danielle, lyk pragtig. Die rok is vir ‘n ware wenner ontwerp en kleur en bykomstighede het perfek ‘n eenheid gevorm vir ‘n sjiek en elegante jong dame.

  • Anoniem

    Beeldskoon! Danielle lyk gemaklik en ongelooflik. Ek het beslis die meisie in die rok raakgesien. So bly jou droom rok is bewaarheid!!

  • Ley-lanie

    Uit die mode boeke – onverbeterlik! Stylvol, beeldskoon – enige jong dame se droomrok!

  • Casper

    Stunning.Die rok is reg vir n prinses. baie mooi.

  • Chantelle D’Artnall

    Ek het trane in my mooi BLOU oe!!!! Jy lyk AWESOME!! Ek is stom geslaan en woorde ontwyk my, my sis. Ek is so trots op jou ek huil sommer!! Love You Staxx :))

  • Anisa van der Straat

    Sjoe Danielle. Jy het absoluut pragtig gelyk. DIe rok is asemrowend. Glo jy het die aand so spesiaal gevoel. Sterkte vir die kompetisie. Jy staan verseker ‘n kans want jy is ‘n wenner in alle opsigte. Hou jou kop te alle tye omhoog. Jou ouers is so bitter baie trots op jou.

  • Cheryldene Barwise

    Dit is ‘n ongelooflike stylvolle rok wat verseker by die dame in die rok pas en verseker uitstaan, baie komplimenterend. Danielle het sowaar pragtig gelyk in die rok, beide rok en meise lyk mooi

  • Chantel

    Danielle, ek dink nie jy kon ‘n ander rok gekies het wat jou nog mooier kom laat lyk nie – jy straal sommer.

  • Anoniem

    WOW!!! Dis al woord wat ek het. Stunning girl, stunning!!!