instuur_1
Matriekafskeid

Delindi Janse van Rensburg

My rok is opgedra aan my broer, Nico, wat oorlede is in Februarie 2010 aan Kolonkanker. Hy was ook die inspirasie vir die kleure in my rok. Ons het in die mall gestap toe ek ‘n romp sien met al die kleure in wat ek wou gehad het. Ek wou ook graag kant in my rok gehad het en daarom moes ek, my ma en my sussie mooi koppe bymekaar sit om ‘n rok te maak uit die romp en om die kant deel van die rok te maak. Elke kleur in die rok het ‘n simboliese betekenis. Die swart staan vir die sondige natuur waarvan Nico verewig verlos is; die turquoise vir hom wat nou in sy Hemeltuiste is; die pers vir ons hartseer, maar ook vir hom wat nou ‘n Koningskind is; die silwer vir elke donker wolk wat ‘n silwer randjie het en dis al die mooi herinneringe wat hy vir ons gelos het; en die bruin is die simboliese kleur (die strikkie) vir Kolonkanker. Die rok sal altyd vir my baie spesiaal bly, nie net omdat dit opgedra word aan Nico nie, maar ook omdat my ou sus hom vir my gemaak het.

Sien alle inskrywings

  • Johann

    Jy lyk pragtig my kind,seker daarvan Nico sou trots gewees het op jou!!!

  • Eldi

    Hey meisie, jy lyk baie, baie mooi. Jou rok beskryf nie net die wonderlike mens wat jy is nie, maar is ook ‘n uitbeelding van die mooi dinge van ons NICO. Jy het beslis die regte insperasie gehad.

  • egbert

    my lief,jy het stunning beeldskoon verby gelyk en lyk nogsteeds so,van die 1ste dag wat ons weer her-ontmoet het!jy lyk besonders mooi!

  • Christa de Necker

    Baie mooi rok. Inspirerende storie. Jy is n pragtige kind binne en buite. Mag julle ook troos ontvang vir al julle hartseer.

  • Betsie

    Jy het so pragtig gelyk!! Ons is trots op jou en weet dat Nico gekyk het, jou gesien het en breed geglimlag het! Soos ons almal wat daardie aand na jou gekyk het en breed geglimlag het! Jou inspirasie getuig van onbaatsugtige liefde en omgee!!

  • Lelani Nieman

    Delindi jy lyk pragtig en jou storie is ongelooflik mooi! Jys waarlik ‘n inspirasie vir baie meisies!!!!! =)

  • Lynette Nieman

    Delindi WOW!!!!!!Jy lyk soos n prinses! Ek het deur al die meisies se inspirasies gelees, wat my bygeval het van joune is dat daar nie net van buite nie maar ook van binne n pragige mens skuil! Jou ouers kan trots wees op jou! Daar is geen selfgesentreerdheid by jou sigbaar nie! Mag al jou drome waar word!
    (Ek glo jou boetie sou SOOOOOOOOOO trots gewees het op jou!)

  • Dirk Duvenage

    Jy lyk te pragtig vir woorde. Jy en die rok komplimenteer mekaar. Is perfek. Is bly jul besluit om eerder ‘n rok te maak as om een te huur of te gekoop het. Nico is defnitief trots op jou.

  • Hanri Duvenage

    Ai Delindi, die rok is die perfekte rok vir jou, dit is 100% jy. Jy het stunning gelyk, nie een van die ander meisies wat ingeskryf het kom naby jou nie! Dit was vir my ‘n groot voorreg om die spesiale rok vir jou te kon maak!!!! Lief jou!

  • Ellouise

    Delindi,jou rok het ‘n merkwaardige storie en jy het so mooi gelyk. Die simboliek van die kleure sal vir elkeen wat die storie lees, hetsy hulle geliefdes afgestaan het aan die dood aldan nie, ‘n inspirasie wees. Voorwaar ‘n onselfsugtige daad om jou rok te kies en op te dra met jou broer in jou gedagtes. Nico sou inderdaad trots gewees het op jou en jou familie se aandeel om jou spesiale rok te verewig. Lief julle almal!!

  • Saloom de Waal

    Delindi dit is werklik baie mooi. Die manier hoe julle gesin altyd alles saam doen selfs hierdie projek is opsigself bewonderingswaardig. Nico sou net so hard gewerk het saam met Hanri aan die rok maar sy nagedagtenis is so mooi duidelik daarin te lees, dit is baie spesiaal!!! Lief julle baie

  • Saloom de Waal

    Delindi dit is werklik baie mooi. Die manier hoe julle gesin altyd alles saam doen selfs hierdie projek is opsigself bewonderingswaardig. Nico sou net so hard gewerk het saam met Hanri aan die rok maar sy nagedagtenis is so mooi duidelik daarin te lees, dit is baie spesiaal!!! Lief julle baie

  • Benjamin

    Ek dog pers is die kleur van iemand wat seksueel gefrustreerd is.

  • Ilze

    WOW jyt regtig STUNNING gelyk!!!! Al daai kleure pas by jou, die ontwerper van jou rok het regtig geweet wat sy doen!!! BAIE MOOI!!!!!!!