matriekafskeid_089_crop
Matriekafskeid

DENISE MALHERBE

Matriekafskeid gebeur net een keer en daarom is die rok só belangrik! Ek het vir dae vir die perfekte rok gesoek en toe ek dié seegroen rok aanpas, het ek geweet– die soektog is verby! Die rok het gepas, asof vir my gemaak! Die skouerlose rok het styf om my lyf gepas en eers laag begin uitskop. Die symateriaal was sag en vloeiend om my lyf en die drie lae sy het verskillende skakerings van blou en groen gegooi, wat definitief die aandag getrek het. Varswaterpêrels en kristalle het die rok hier en daar laat blink, die seegroen-kleur het my oë (ook dié van my metgesel) gekomplimenteer en die syroos het dit stylvol afgerond. Dit was `n droom- matriekafskeidrok en ek het werklik soos `n prinses daarin gevoel!

 

Sien alle inskrywings