elka_brink_matric._01_jpg_41_
Matriekafskeid

Elke Brink

Ek is nog altyd mal oor nuwe modes en blaai altyd eerste deur die modeblaaie van ‘n nuwe tydskrif!! Ek het al vroeg in die jaar tydens die Oscar’s begin beplan aan my rok en ek wou graag iets heeltemal “anders” hê! “Bling” is deesdae baie in die mode soos ons met die Emmy’s ook gesien het. Roedolf het my gou verstaan en my rok was tot ‘n paar dae voor die matriekafskeid ‘n verassing vir my ook – maar soos wat ek Roedolf al ken , kom hy altyd met die mees ongelooflike idees! Enige meisie se droom! Ek wou ook graag gemaklik wees sodra ons begin dans…Roedolf het die rok so gemaak dar die hele onderste helfte kon afhaal en ek net ‘n kant rokkie aanhet! Ek wou iets gehad het wat ek volgende jaar weer op Universiteit na koshuis dinees kan dra!

 

Sien alle inskrywings