img_2612
Matriekafskeid

Elmi Janse van Rensburg

Ek het al voorheen die kleur aangehad en besef dit lyk baie mooi by my ligte vel, en wel… Blou is “toevallig” ook my gunsteling kleur! Ek het aan die begin glad nie geweet wat ek soek nie, en het toe vir inspirasie deur tydskrifte geblaai en op die internet rondgesnuffel. Die rok het onmiddellik my oog gevang, en ek het net geweet dit is wat ek wil he. Ek het die materiaal, kleur en die prentjie van hoe ek my rok moet lyk na ‘n winkeltjie in Zeerust geneem, Baby Love, want hulle maak die mooiste rokke en pakke! As ‘n mens na die bokant van die rok kyk kan ‘n mens sien daar is baie fyn krale detail op. Die dame wat my rok gemaak het, het letterlik met die prent voor haar gesit en elke kraletjie een vir een presies aangewerk. Ek kon nie glo hoe perfek sy dit reggekry het nie. Ek het werklik my droom rok gekry!( Ek soek nou enige verskoning om dit net weer te kan dra, want ek voel soos ‘n prinses daarin…)

Sien alle inskrywings