Matriekafskeid

Emilië Rossouw

Toe my vriendinne in Februarie reeds hoogs opgewonde na rokke begin soek het en afsprake met ontwerpers begin maak het, was ek ietwat verbouereerd! Ek en my ma het nie geweet waar om te begin soek of hoeveel om te begroot nie! Tog het ons die groot taak in die lang Julie vakansie aangepak, en op die tweede dag van ons soektog vind ek toe dié rok van die Hip Hop handelsmerk. Hy het nie perfek gepas nie, maar ek was verlief op die interessante kleur en fyn roos motief, en na ‘n paar verstellings het hy super gemaklik gesit en my skraal figuur vroulik gevlei. Ek moes al menigmaal op ‘n verhoog verskyn in verhooguitrustings wat heeltemal die teenoorgestelde van my eenvoudige, romantiese smaak was. Ek besluit ook die dag voor my matriekafskeid om my lang hare af te sny! En tussen die Jakarandas van Cullinan, en die tuine vol beeldjies en oudhede, het ek absoluut soos ‘n feë gevoel!

 

Sien alle inskrywings

  • Theresa

    Baie mooi – iets anders. Mooi meisie.