Matriekafskeid

Ena Buys

Ek was nog altyd mal oor rokke wat sag en vloeiend vertoon. Ek wou graag ‘n rok gehad met ‘n klassieke snit, maar wat steeds ietwat anders en uniek kon wees. Ek, my ma en tannie is toe Bloemfontein se strate af, opsoek na ‘n rok. My pa en oom kon GLAD nie verstaan dat ons nie ‘n rok kon kry waarvan ons hou nie. Ons is toe na Terina Bekker, ‘n ontwerper in Bloemfontein. Dit was ‘n groot verligting om met iemand te gesels wat presies geweet het waarvan ek hou en my idees verstaan het. Sy het die rokmaak-proses lekker gemaak met haar spontane en vriendelike gesindheid. Terina het ons vertel van ‘n bont bommelappie wat sy in ‘n plaaslike materiaalwinkel raakgeloop het. Ek was mal daaroor. Die kleure was vars, helder en heeltemal uniek. Sy het die rok se bostuk versier met pragtige kralewerk. Met ‘n paar pers hakskoene en fyn oorbelletjies is my uitrusting toe klaar! Ek is dankbaar vir my ouers se geduld met die ver pad Bloemfontein toe en ook Terina se harde werk!

 

Sien alle inskrywings

  • Crizeldie

    Baie mooi! Dis stylvol, die kleur is perfek en dis striking!