Matriekafskeid

Esmarié Van der Merwe

Ek het van kleins af verskeie rok-foto’s geknip en geplak om die perfekte prentjie te kry wat MY persoonlikheid en styl sou komplimenteer. Ek is baie kieskeurig oor wat ek dra. Ons eie sangeres, Juanita du Plessis, se pragtige verhoog-ontwerpe was ‘n groot inspirasie. My eindproduk – ‘n klassieke, elegante rok van tydlose donker denim om my jonkwees en sorgvryheid uit te beeld met vrolike, veelkleurige appliekwerk om die rok “anders” en enig in sy soort te maak. Insetsels van swart kant en honderde swart kristalletjies wat met die hand aangewerk moes word, moes ‘n grasieuse en unieke beeld skep. Die lang sleep moes die elegansie en vroulikheid van die rok beklemtoon, maar ook maklik oor die arm gegooi kon word om die danspassies aan te durf. Dankie aan Anita en tannie Helena by House of Chic wat my soos ‘n boek gelees het.

Sien alle inskrywings