Matriekafskeid

Esmarié Van der Merwe

Ek het van kleins af verskeie rok-foto’s geknip en geplak om die perfekte prentjie te kry wat MY persoonlikheid en styl sou komplimenteer. Ek is baie kieskeurig oor wat ek dra. Ons eie sangeres, Juanita du Plessis se pragtige verhoog-ontwerpe was ‘n groot inspirasie. My eindproduk – ‘n klassieke, elegante rok van tydlose denim om my jonkwees en sorgvryheid uit te beeld met vrolike, veelkleurige appliekwerk om die rok “anders” en enig in sy soort te maak. Insetsels van swart kant en honderde swart kristalletjies wat met die hand aangewerk moes word moes ‘n grasieuse en unieke beeld skep. Die lang sleep moes die elegansie van die rok beklemtoon, maar ook maklik oor die arm gegooi kon word om die danspassies aan te durf. Dankie aan Anita en tannie Helena van House of Chic wat my soos ‘n boek gelees het.

Sien alle inskrywings

  • Karin

    Baie oorspronklik – ek hou ook baie van die hare en detail daarin.

  • Theresa

    Baie mooi – iets anders!

  • Asemrowend mooi!! Het beslis die WOW-faktor!!

  • Johlene Botes

    Uniek, deftig tog vrolik en jonk – beslis ‘n wenner vir my.

  • Janinda

    Sjoe, jy lyk prentjie-mooi in jou rok en net so perfek en beelskoon soos een van my Barbie poppe waarvoor ek al die jare so lief was om op te tooi!!! "Awesome"!!

  • Hannie

    WENNER WENNER WENNER!

  • Theresa

    Dis ongelooflik mooi en uniek. Jou ouderdom word deur die rok weerspieël en dis mooi. Daar is tog so baie jong dames wat te oud wil lyk.
    Beslis ‘n wenner in my oë