Matriekafskeid

Frieda Scheepers

Vooruitgang….lewe….., in die middeleeue het groen selfs die simboliek van liefde gehad. Wat is nou meer inspirerend as daardie groen botseltjies wat in die begin van die Lente uit bars by die takkies, en hoe warmer dit word hoe helderder of donker groen word dit… Dit is die dinge waaraan ek dink as ek aan groen dink! Na vele rokke wat ek gepas het en moeilik ‘n besluit, oor watter een ek moes neem, was die groen rokkie die een wat sommer dadelik my oog gevang en my hart gesteel het. Die rokkie het elkeen van my gelaatstrekke gekomplimenteer, my bruin oë, my koper-donkerbruin hare en selfs die sproetjies oor my neus. Ek het soos die prinses op pad na ‘n bal gevoel, verruklik, ekstra ordinêr en baie opgewonde. Is dit nie maar elke jong meisie se droom op skool om die mooiste matriekafskeid rok te kan hê nie? Wel ek kan net sê: “Dankie Pappa en Mamma vir die vooreg om soos ‘n prinses te kon voel en lyk!

 

Sien alle inskrywings