Matriekafskeid

Hanelke De Villiers

Wynrooi was nog altyd die droomkleur vir my matriekafskeid. Ek hou van eenvoud en glo minder is meer. Die kleur van die rok pas perfek by my ligte vel en bruin hare en die styl komplimenteer my figuur. Ek het my inspirasie by twee verskillende rokke gekry , die patrone gekombineer en aanpassings gemaak. Omdat ek fyn gebou is, het ek ’n lae neklyn met plooitjies in die bostuk, afgerond met fyn krale borduurwerk gekies. Die plootjies is agter by die bostuk herhaal met dun bandjies wat met fyn krale borduurwerk versier is, wat oor my rug kruis. Die sy-materiaal lyk alreeds baie ryk, so meer “detail” was dus onnodig. Die rok se onderlyf is ’n nou prinses styl met ’n slip voor, terwyl dit agter effens uitklok, om ‘n meer ’n deftige gevoel aan die rok te gee. My rok het al die finesse om my figuur soos ’n handskoen te pas en my soos ’n prinses te laat voel en lyk.

 

Sien alle inskrywings