Matriekafskeid

Hanrie Louw

Ek het dadelik geweet hoe my rok moet lyk, maar om die rok wat aan my spesifikasies voldoen te vind, was egter ‘n ander storie. My gunsteling styl was nog altyd die vintage-styl en met al die koninklike troues wat die afgelope jaar die nuus oorheers het, het ek besluit ‘n hoofbedekking is ‘n moet! Die tweede winkel waar ek ingegaan het het my droomrok opgelewer (en ‘n bonus was dat dit boonop die enigste rok in daardie kleur en grootte was – asof dit spesiaal vir my gewag het!).

 

Sien alle inskrywings

  • Karin

    Mooi – ietsie anders!

  • Martin Meyer

    Pragtig met hoed en al!