Matriekafskeid

Heike Krause

My rok moes perfek gewees het vir my. =) Ek het `n rok gesoek wat klassiek is, nie te blinkerig nie en wat nie van normale matriekafskeidrok materiaal gemaak word nie. Ek woon op `n platteland en wou dus `n eenvoudige rok gehad het wat my uitbeeld en waarin ek gemaklik is. Ek wil die rok weer eendag dra. Ek het op die Internet rondgesoek vir idees, omdat ek nie presies geweet het hoe dit moes lyk nie. Toe ek die rok sien het ek geweet dis vir my. Die kleur is uniek, sag, stylvol en beklemtoon my velkleur. Die blinkertjie/kraletjies aan die bo-kant maak die rok. Die mense sou die meisie in die rok raak sien en nie net die rok nie.

 

Sien alle inskrywings

  • Heidi Oosthuizen

    Pragtig!! Iets wat mens nie baie sien nie. Baie unieke styl!

  • irene de meillon

    Heike praat die waarheid mens het eers die persoon raakgesien en toe die rok. Het haar persoonlik self gesien. Die rok was eenvoudig maar pragtig en kan weer gedra word

  • Helen

    Jy lyk pragtig!

  • Karli Serfontein

    Heike , jou rok is ongelooflik mooi , sowaar n wenner !!

  • Elmarie vd Merwe

    Regtig stylvol en klassiek. Dol oor die rok.

  • Lisma Liebenberg

    Absoluut pragtig. Ek hou van die kleur.

  • michelle stanton

    Soos n fee prinses. Pragtig**

  • Engela Steyn

    ‘n Wenner as daar gekies moet word. Defnitief die eleganste een.

  • Anna Bonthuys

    pragtig die sagte kleur pas jou perfek

  • Helga Gerber

    Baie mooi Heike

    Jy lyk pragtig!! Dit pas jou soos ‘n handskoen.

  • Christelle Olivier

    Shoe Heike! Jy lyk prentjiemooi!

  • Marinda Teubes

    Jy is n wenner.Baie baie mooi

  • Margaux Louw

    Hey Heike, baie mooi gelyk.pas perfek by jou!*

  • Natasja van Greunen

    Heike, dit is regtig baie mooi – niks uitspattig nie. Definitief baie stylvol,sag en vroulik. Dit pas by die mooi meisie wat jy is, en jy maak jou ouers baie trots.