Matriekafskeid

Helène Herholdt

Toe ek, my ma en Danielle die dag besluit om na materiaal te gaan kyk, het ek nog nie eens verseker geweet hoe ek wou hê my rok moes lyk nie. Daar op die rak lê toe ‘n lap vol goue en brons blinkers (sequins). Vir my het dit heeltemal te bling gelyk (my styl is klassiek en understated) maar toe ons die lap voor my hou het ek net geweet dit is die materiaal vir my rok! En skielik het ek presies geweet wat ek wou hê: ‘n baie eenvoudige “slip”-tipe rok wat gevorm is om my lyf. Die bandjies moes laag kruis op die rug en ook vol sequins wees. Daarby het ek ‘n handsakkie gedra wat my ma se beste vriendin jare terug in Indië gekoop het en as klein dogtertjie vir my gegee het. Dit was ‘n wonderlike aand en ek het soos ‘n movie-ster gevoel in my goue rok!

 

Sien alle inskrywings

  • Ammi Geldenhuys

    Jy’t inderdaad soos ‘n "movie-ster" op die Oscars rooi tapyt gelyk Lini en nogal met "my" handsakkie! Pragtig en Stylvol Helene – nes jy! Ammi x

  • Andrea

    Baie mooi en stylvol! iets wat in Hollywood gedra sal word

  • Suzette du Plessis

    Helene!
    So elegant en stylvol met ‘n sagtheid in daardie twee bruin ogies – ‘n regte "lady"!
    Ek spog sommer ook met jou – jy is pragtig!

  • Annelie Kruger

    Annelie Kruger se kommentaar

    Helene, Jy slaan my asem weg!!! Dit is absoluut ‘n "stunning", stylvolle en elegante rok wat totaal reg laat geskied aan jou pragtige figuur. Jy het ongelooflik mooi gelyk. Jy het inderdaad die regte materiaal en snit vir jou rok gekies. Gelukkig is die vriend wat jou aan sy sy gehad het!! Jy het soos ‘n bekende aktrise gelyk. As Steven Spielberg en ander regisseurs jou fotos sien, kan Sandra Bullock, Angelina Jolie, Julia Roberts, Reece Whitherspoon, Jennifer Aniston, Cameron Diaz, Drew Barrymore, Kristen Stewart, Sarah Jessica Parker (die hoogs betaalde aktrises in 2011) vergeet van hul loopbane. Jy is te eniger tyd net so beeldskoon en elegant soos enige een van hul.