Matriekafskeid

Helize Homann

Soos meeste meisies, droom ek al van kleins af oor hoe my matriekafskeid rok een dag sou lyk. Ek wou ‘n gemaakte rok hê – en een wat my eie persoonlike stempel op het! My oorspronklike idee het ek van ‘n trourok in ‘n winkelvenster gekry. Die kleurkombinasie is geinspireer deur dit wat ek in n juweelstuk gesien het. Na honderde prente en veelvuldige materiaal soeksessies, het my oorspronklike idee tog uiteindelik gewen. Ek het presies die kleure gekry wat ek wou hê – boonop in die materiaal van my keuse! My wonderlike ma en haar ontwerpersvriendin het my droomrok ‘n werklikheid gemaak. Iets uitsonderliks wat mens maar selde kry (veral wat vrouemodes betref!), is ‘n betrokke pa soos myne. Hy was by elke “fitting” en het sommer ook sy opinie gelig. Die deel wat ek waarskynlik altyd sal onthou, is die ure se aanpas – hoe ons my bostuk moes “bou” en verander totdat dit perfek gelyk het. Die resultaat van al my ma se harde werk was asemrowend – my rok was presies dit en nog meer as wat ek ooit voor kon vra!

 

Sien alle inskrywings

  • Tronell

    Absoluut stunning verby!