sarie_kompetisie
Matriekafskeid

Hettie Mostert

As klein dogtertjie het ek altyd prentjies uit die Sarie versamel en gedroom oor hoe my matriekafskeidrok ééndag gaan lyk…en nou is als verby. En met blydskap kan ek sê: “Ek het mý droomrok gevind!” My rok het nie eintlik enige “fancy” beskrywings nodig nie, dis gemaklik en mooi afgerond met kant en chiffon. Die ongewone diep bruin”aubergine” kleur weerspieël my individualiteit. Die enigste voorkeur wat ek vir my rok gehad het was: daar moes kant in wees; ek het my kant gekry! Die swart kant met krale detail het die lae rug bedek. Die valnek is vleiend en balanseer die besige rug. Dit was ‘n onvergeetlike aand en ek glo oor tien jaar sal ek nogsteeds mal wees oor my rok! Om aan te sluit by die begin…voorwaar “Sarie, my inspirasie!”

 

Sien alle inskrywings

  • Althea

    My woorde is mos maar altyd min, ma j weet tog wat ek wil sê. Die rok pas jou perfek! Jou sprankelende persoonlikheid bring net mer vrolikheid na vore. Voorwaar n sussie om op trots te wees, jy’s pragtig Hettie(",)

  • Kerry

    I love, love, love this dress!!

  • Shannon

    This is a beautiful dress. Elegant and sophisticated. And the colour is fantastic!

  • Heloise van Wyk

    Jy lyk asemrowend!

  • Mariata Malherbe

    Baie mooi!!Jy het pragtig gelyk!

  • Carolie

    Lyk soos die elwe koningin uit "Lord of the rings"! Pragtig. Individualisties. Stylvol… vol energie..beweging..dinamika, tog toegewend…jeug met "vinnig bewegende wysheid"!…Ongewone verassende kleur…’n hersenskim… nou is jy daar…nou is dit verby….

  • Megan de Villiers

    Sjoe!! Jy het n flippin mooi rok gehad!!