Matriekafskeid

Ilsé Louw

Kant, satyn en kraletjies,dis presies wat my soos ‘n prinses sou laat voel! Ek is mal oor ‘n “vintage-look” en het dus twee dinge in gedagte gehad toe ek oor my matriekafskeidrok moes besluit: kant en ‘n eenskouer!! Ek hou daarvan as klere baie detail op het en my matriekafskeidrok was geen uitsondering nie. Die tannie wat my rok gemaak het, moes omtrent kraletjies op die materiaal werk! Die eindproduk was ‘n spieëlbeeld van die prinses-prentjie in my kop.

Sien alle inskrywings