img_7404
Matriekafskeid

Ilza Cupido

Heel jaar wonder ek oor hoe my matriek rok moet lyk. Ek het boeke nageslaan, die internet besoek en in die winkels rond geloop vir idees. As ek dink ek het die perfekte ontwerp gekry, sien ek iets anders. Ek het al na klere maaksters gegaan, maar tot hulle kon my nie help met geskikte ontwerpe nie. Ek en my ouers het toe besluit om ‘n rok te koop, en een middag na Tygervallei Sentrum gegaan. Ons het nog geloop toe ‘n pienk rok my aandag trek. Ons het in die winkel gegaan en eers na ander rokke gekyk, maar daardie rok het in my kop gebly. Ek het hom aangepas en dit het gevoel die rok is vir my gemaak en dat ek in ‘n sprokies wereld is.

 

Sien alle inskrywings

  • Hester

    Jy lyk pragtig in jou mooi pienk rok.