img_4238
Matriekafskeid

Ineke Kerling

Ek het nog altyd gedroom van die perfekte matriekafskeidrok. Die inspirasie vir my rok kom van ‘n verskeidenheid idees uit tydskrifte en ook uit Sarie se bruidsgids uit. Die rok beeld ook my persoonlikheid uit – dis vars, helder, kunstig en uniek! Ek het van die begin af besluit op die blou/turkois kleur omdat dit my oë komplimenteer. Ek wou ook ‘n meer “arty” rok hê wat bietjie anders as die normale is – vandaar die eenskouer idee, die blomme en die asimmetriese rug. Saam met my ontwerper, Antoinette Martens, het ons al die idees saamgesit om uiteindelik by die finale produk uit te kom. Dit was verseker my perfekte matriekafskeidrok!!

 

Sien alle inskrywings

  • Patrys Franken

    Verseker die wenner!!!!!! PRAGTIG!

  • Pieter Booysen

    Jy het pragtig gelyk !!!!!!! Dis nie die rok nie dis jy.

  • Jeanetta van Niekerk

    Ineke jy is beslis n wenner….wonderlik om selfs hier in my kontrei (Australie) kontak met Sarie te he…

  • Elna

    Jy het asemrowend mooi gelyk! JY EN DIE ROK saam het ‘n ongelooflike prentjie gemaak! Verseker ‘n WENROK!!!

  • Dr Bertha le Roux

    Ineke jy het stunning gelyk en dit is die perfekte rok vir jou. Dit vervul alles wat jy hierbo beskryf oor jou rok waarvan jy gedroom het.

    Dit is die mooiste matriekafskeidsrok wat ek nog gesien het en ek teach al vir jare leerlinge musiek tot matriek en sien altyd die rokke.!

  • Marlene Cloete

    Jy het stunning gelyk. Dit is ‘n besonderse rok. Jy is beeldskoon!!!!!

  • Ciska

    Die rok lyk soos ‘n kunswerk… seker daars baie ure en moeite ingesit om al daardie blomme en detail so mooi te kry!!! Verseker my eerste keuse!!

  • Karla

    Cool Bananas… Hy MOET wen!!!!!

  • Harm

    Stunning!!! Jou ontwerper mag maar!

  • Karel

    Jy lyk awesome sus!

  • Oompie en Nicolette

    Werklik pragtig. Beslis ‘n wenner!

  • Karen Oosthuizen

    Jy het pragtig gelyk en jou rok is asemrowed!!!!!!

  • Natasha Oosthuizen

    Jy lyk soooo mooi. ***xx***

  • elmariee

    asemrowend prentjie mooi van binne en buite veseker n wenner

  • Susan Oosthuizen

    ‘n Besonders pragtige rok wat ‘n besonders pragtige dame komplimenteer – ‘n ongelooflike kombinasie!!

  • Averil Nel

    Dit is regtig ‘n prentjie mooi rok, verseker elke meisie se droomrok vir ‘n matriekafskeid! En Ineke – Sjoe, jy het pragtig gelyk !!!!

  • Mieke

    Sjoe, al daardie blommetjies lyk na harde werk, maar dit was beslis die moeite werd gewees!!!! Dit lyk ongelooflik mooi!*!*

  • Almarie

    Pragtig Ineke! Prentjie mooi! Antoinete jy mag maar klere maak en saam is jul wenners!

  • Carina

    Dis ‘n pragtige rok en jy lyk pragtig!! Verseker ‘n wen kombinasie :-)