Matriekafskeid

Jana Louw

Terwyl my ma besig was om materiaal te koop, het ek myself besig gehou en deur bruidboeke gekyk. Ek het afgekom op my rok en van die begin af was ek mal oor dit. Ek het dit verander sodat dit my sterkerpunte beklemtoon en my swakpunte wegsteek. Daarna het my onderwyserres wat in graad 8 vir my tegnologie gegee het, my rok gemaak. Die eintlike moeilike dinge was om te besluit op ‘n kleur. Ek het hierdie blou gekies omdat dit vreugdevol is, mooi lyk en my metgesel se gunstelling kleur is. Na baie moeite en stres dat dit gaan vreemd lyk, het ek uiteidelik my rok gekry. Vir ‘n mooier rok, lekker aand en ouliker metgesel kon ek definitief nie gevra het nie, want alles was klaar perfek!

 

Sien alle inskrywings

  • Adri Marais

    Jana is nie net ‘n mooi meisie nie, maar wat haar so besonders maak is dat sy so mooi van binne is. Sy is opreg en lojaal en kan ‘n geheim hou en sy oordeel nie maklik nie, maar kyk eerder waar sy kan help. Sy verdien om te wen omrede sy die rok mooi maak, nie die rok vir haar nie… dit was maar net ‘n bonus 😉

  • Ananda Louw

    Jana se pragtige persoonlikheid weerspieel in hierdie pragtige foto van haar. Sy is nie net mooi van buite nie maar net so pragtig van binne. Die hele foto maak maak ‘n mooi prentjie.