Matriekafskeid

Jane Bosch

Waar om te begin…my idee was nog altyd. ‘n bal rok…Ek wou eers my niggie gevra het om my rok te ontwerp omdat ek nie regtig ‘n idee gehad hoe hy moes lyk nie. Maar toe moes ons na die kostes en goed ook gekyk het. Ons toe na die tannie toe wat saam my ma gewerk het en sy het my ‘n paar idees gegee. Ons sou eers swart gegaan het (weet nie hoekom) maar ek’t toe ‘n vakansie gehad in durban en ek en my ma het in die fabriek winkels in gevaar.. en tot my verbasing het ek op die mooiste kant materiaal af gekom! (Dit was net Liewe Jesus wat dit daar gesit ht vir my) Toe ek die bo kant se materiaal gekry het toe kon ek begin rond speel met materiaal… en dis hoe ek op my rok af gekom het. Die bokant is die kant met ‘n rooierige kleur onder dit Die onderkant is pers, pienk, bruin, rooi ens. dis in drie hoeke gesny om meer ‘bodi’ te gee 😀 Ek’t soos ‘n prinsess gevoel!

 

Sien alle inskrywings

  • Engela Malherbe

    Dis pragtig Jane, die kleur pas jou uitstekend en die patroon is vleiend! Jy het sowaar soos ‘n prenses gelyk!!!

  • Dan Botha

    wow lady epic foto. Hoop dit was ‘n amazing aand gewees. sterkte met die kompetiesie. 🙂

  • Annatjie van Dyk

    Jy het pragtig gelyk. Jesus straal uit jou uit en daardie rok!!!!! uit die hemel uit.

  • Danté Burger

    Eeeeey! Jane, jy lyk mal mooi, dit was n versrkiklike lekker aand vir ons almal. Daai is "memories" om verewig te koester.

  • Elmarie

    dis baie mooi!

  • monique

    Jy lyk stunning!!! As ek eendag n rok wil maak sal ek jou moet kry omit vir my te doen!
    Jy het dalk soos n prinses gevoel, maar jy het soos een gelyk ook!

    Stunning stunning!!
    *

  • Shane Sher

    Dit is werklik uniek en ”Prinses” is defnitief die gepaste naam vir hoe jy lyk. Jy lyk pragtig. Gaan ons meer ontwerpe sien?

  • Madele Raath

    Jane jy lyk asemrowend! Jy lyk soos ‘n prinses van bo tot onder! Jy mag maar enige tyd vir my ‘n rok kom ontwerp!

  • Karin Snyman

    Jy lyk vir my soos ‘n feetjie hehe,eks mal daaroor 🙂

  • Enke-Mari Malherbe

    Kan nie glo dis dieselfde meisietjie wat saam met my in Port Edward se klein golfies geplas het nie 🙂

  • Aliche Pelser

    Jane, jyt so stunning gelyk!! Wens ek kon jou in lewendelywe in jou rok sien!! Jy lyk regtig soos ‘n prinsessie al wat jy nou nog kort is ‘n prins!!**