Matriekafskeid

Janine Marx

Die inspirasie het my getakel die dag toe ek my oom, wat ou motor opbou, se prag van ‘n motor gesien het. Dis ‘n turquoise en wit Chevrolet (1957) en net daar en dan besluit ek dat ek my oom se arm moet draai want dis die motor waarin ek wil opdaag by die matriek-afskeid. Met een ding minder om ons oor te kwel is ek, my mamma en my tannie toe materiaal winkels toe opsoek na turquoise satyn. Daar gekom kry ons die mooiste kantmateriaal en van daaraf het alles net in plek geval. Ek het ‘n rowwe skets vir my tannie geteken en van ‘n eenvoudige skets af het sy en my mamma die mooiste rok op getower. Dit was die mees agterstevoorste manier hoe mens ‘n matriekafskeid kon reël, maar vir my was elke oomblik onvergeetlik.

 

Sien alle inskrywings

  • Hannelie Marx

    Jy lyk absoluut STUNNING!! Ons is baie lief vir jou. Van Ouers… Liefies jou sussa!!

  • Suzette Coetzee

    Janine jy lyk stunning!!!!

  • Janita du Rand

    Janine,

    Van ‘n eenvoudige skets, het jy soos ‘n prinses gelyk. JY LYK STUNNING!! Die kleur is pragtig, goeie besluit en smaak.

  • Davina

    Absoluut Fantasties Janine!! Jou rok is regtig iets besonders! Alle sterkte!

  • Erna hardy

    Baie mooi Erna Laura en Rachael