Matriekafskeid

Janke Erasmus

Feëtjies en prinsesse voel seker altyd so. Skooldogtertjies in onvleiende skooluniforms kry net een kans om hul EIE sprokie te leef. My pampoen het op 18 September 2010 in ‘n koets verander toe Jose de Canha sy towerstaf geswaai het en my kleindogtertjie-drome in sagte grys valle en sierlike kristalle om my lyf kom vou het. Jare se Sarie-inspirasie en die ontwikkleing van my eie sin vir mode het my soos ‘n prinses aan die sy van my eie sjarmante prins, Armandt Botha, oor die rooi tapyt laat sweef. Ek weet ek was bevoorreg om my droomrok te kon dra, en daarom bid ek dat elke klein meisietjie ten minste een keer in ‘n leeftyd Aspoestertjie kan speel…

Sien alle inskrywings

  • Mari-Louise

    Dit is ‘n pragtige rok en jy het asemrowend daarin gelyk!!

  • Sarie

    Jy en jou rok is pratig meisiekind… Dit lyk of jy ‘n ongelooflike mooi persoonlikheid het en dit wys in jou glimlag… Knap gedaan!!!