Matriekafskeid

Janne Coetzee

Ek het van die begin af geweet ek wil n oudtyds-modern styl rok he. Ons het na een van Wilma se mode parades gegaan en ek’t dadelik gese ek wil he sy moet my rok maak. Sy het dadelik verstaan wat ek wou he en al het ons nie genoeg geld gespaar om een te kon maak nie was sy seker daarvan dat sy vir my die perfekte een kan huur. Ek wou oorspronklik pienk he, maar sy het gevra dat ek net die rooi een sal aanpas, dit het dadelik my hele gesig op gehelder en nie een van die pienk rokke wat ek na dit aangepas het, het naby die een gekom nie. Op die ou end was die een die enigste rok waaraan ek kon dink en op die dag van my matriek afskeid het ek soos n prinses gevoel!

 

Sien alle inskrywings

  • Micheal

    Jy is regtig pragtig, jy verdien om te wen, ? ster duisend maal.
    Sterkte, Liefde