Matriekafskeid

JEANCA HATTINGH

Ek het nog altyd gehou van Afrika-style, en wou nie net nog ‘n gewone blink matriekafskeidrok gehad het nie. Toe ek hierdie rok gesien het in ‘n boutique het ek dadelik geweet dis wat ek wil hê – die wye rompe en kleure van die Afrika-kultuur het my nog altyd gefasineer!! Ek het toe saam met my ontwerper, Shani, rondgespeel met idees en so het ons my droomrok gemaak!!! Sy het ook spesiale aandag aan my armband en oorbelle gegee om dit perfek by my rok te laat inskakel!

 

Sien alle inskrywings

  • Yolandi Wallace

    Ongelooflik pragtig en stylvol!!,
    So ook die jong dame in die rok, dit maak dit so spesiaal.

  • Delise Marais

    Shani het waarlik ons rokke pragtig gemaak!!

  • Anneri Erwee

    pragtig!! Jy lyk regtig beeldskoon!! Die rok is besonders en pas jou soos n handskoen! Ek hou van al die detail en die afronding van jou oorbelle en armband is perfek. Jou hare was ook baie treffend, die meer eenvoudige uit-die-gesig styl laat spasie vir jou gesig en oorbelle om tot hul volle reg te kom! Wens ek kon jou in persoon sien! Tien uit tien!!

  • Pieter

    sjoe dt baie sexy gogaq

  • Deirdre

    Ek ‘love’ die afrosentriese skepping wat opstaan en hulde bring aan moeder Afrika. Die boodskap is duidelik: Hakuna Matata !

  • erna viljoen

    Die meisie het nie net absoluut pragtig gelyk nie maar ook gestraal van binne!! Sy was gemaklik in haar rok en die rok het nie haar gedra nie maar sy het die rok gedra! Sy het beeldskoon gelyk en alle bybehore het puik gepas!!

  • charles

    Pragtige ontwerp. Dit is baie mooi! Iets anders!

  • christelle du toit

    Baie dramaties, maar vroulik en uniek! Ek hou hiervan.

  • Dirk Hattingh

    jy lyk asemrowend! het my trane in die oe gegee toe ek jou sien. PRAGTIG!!!

  • Jeanca

    ek het soos ‘n regte prinses in die rok gevoel!!!

  • Anri du Toit

    Net een woord: STUNNING!

  • Zuretha Raath

    Dit was werklik een van die mooiste rokke en bykomstighede wat ek nog ooit gesien het. Jeanca is pragtig en die rok het haar gepas soos ‘n handskoen. Alles het ‘n baie mooi eenheid gevorm! Die foto’s is pragtig, maar in lewende lywe is dit asemrowend!

  • Caro Hattingh

    My liewe sussie… Ek het jou nog nooit so gelukkig gesien soos op daardie aand nie… Jy het absoluut asemrowend gelyk… Die rok pas perfek by jou persoonlikheid… Dis net JY!!! WOW..!!!!

  • Eloise

    jy het regtig pragtig gelyk

  • Wilna du Toit

    Net iemand wat haar "roots" so goed ken en daarvolgens leef kon reg laat geskied aan dié pragtige rok met die dra daarvan. Jy het stunning gelyk en jou mooi van binne het, soos altyd, absoluut gestraal om te pas by jou uiterlike mooi! Jy het Afrika aan jou voete….

  • Nellie Smit

    ‘N Pragtige meisie van Afrika in ‘n prag-Afrikarok. Al die bykomstighede pas perfek. "n Skepping en jongdame so na my hart!!!!!

  • francois van nieuwenhuizen

    B…E…A…UTIFULL verby,,,pas by die afrika style…

  • Werner Cronje

    Dit lyk Asemrowend wel gedaan……!

  • Ronelle Hattingh

    Nie daar op uit gegaan om af te show of teveel been te wys, jy het stylvol en elegant gelyk op jou spesiale aand, jou persoonlikheid het gestraal in jou smile en deur jou rok!! So trots op jou**

  • Shani Swanepoel

    Baie dankie vir jou, jy het stunning gelyk in die rok….
    Trots afrikaans en spesiaal gemaak net vir jou unieke self!!!!
    JY HET SOOS ONS EIE "AFRICAN QUEEN" GELYK….
    Trots daar op om te sé ek is die een wat die rok gemaak het vir jou!
    TIEN UIT TIEN VERSEKER!!!!!!
    mwha!!!