Matriekafskeid

Jeske Reesink

Ek het nooit gedink ek sal pienk dra nie! Ons het letterlik weke lank gesoek vir die perfekte rok en ek het gesukkel om een te kry waarin ek myself kon wees! Aanvanklik wou ek ‘n blou rok gehad het, maar my ma en kêrel se ma het albei gedink pienk sal mooi gaan met my velkleur en ligte hare. Ek het hierdie rok se ontwerp ook eers in blou gesien en vir die interessantheid gewonder hoe pienk sal lyk en besluit om “bold” te gaan! Ons het hom bestel en laat maak, en toe hy kom..was dit dié perfekte rok! Ek het waarlik soos ‘n prinses gevoel, ek kon nie wag tot die dag van die matriekafskeid nie. Ek het pragtig gevoel en die aand was onvergeetlik!

 

Sien alle inskrywings

  • Marlise

    Baie mooi:) pas perfek by jou, jyt stunning geluk!!!

  • jonathan

    pragtig pragtig pragtig!!!

  • Mardo

    Julle lyk super bja mooi Jeske! 🙂

  • Eljé

    Ek’t ook nooit gedink jy sal pienk dra nie, maar jy het ONGELOOGLIK MOOI gelyk!!!…mooier as enige van die ander mensies by die matriekafskeid!! ???

  • Steven

    Die rok pas jou uitstekend. Julle het baie mooi gelyk! Ek het lanklaas so mooi rok gesien!