Matriekafskeid

Johanet van der Merwe

Ek het my rok toevalling raakgeloop, ook nie ek nie, maar my sussie. Ons was Januarie in die Kaap. My sussie het hierdie rok in die vanster van Lace Boutique in Tygervallei sien hang. Sy het my gaan wys en ek was dadelik verlief op die rok. Die winkel was al gesluit en ek kon die rok slegs deur die venster bekyk. Ons is die volgende dag weer terug, maar die rok was weg! Ons gaan toe maar in om te kyk hoe die rokke in die winkel lyk. En raai wat? Daar hang “my” rok! Maar toe ek die prys sien, weet ek hierdie rok gaan slegs ‘n droom bly. Ek het die rok aangepas. Sjoe, dit was lekker om dit aan te hê… April was ons weer in die Kaap en ek het weer die rok aangepas. Die tannie wat daar werk het gesê sy sal reël dat ons afslag kry. Ons het ‘n vet afslag gekry. Met die matriekafskeid het ek soos ‘n prinses gevoel en komplimente het my oorval. Almal het gedink die rok is vir my gemaak (ek dink dit was, sonder my medewete…) My rok het na my gekom, onverwags maar baie welkom.

 

Sien alle inskrywings

  • Theresa

    Baie mooi!!