295908_10150323407436960_678686959_8658497_42451745_n_1_2_
Matriekafskeid

Jolene Sutton

Ek het `n bruidsboek deur geblaai in 2010. Die onderste gedeelte van die trourok het my aandag dadelik getrek. Ek het besluit die dag as ek my matriekafskeidrok laat maak moet dit net soveel valle he. Die boonste gedeelte van die rok voor en agter het ek self ontwerp, aangesien my buustelyn petite is.Ek wou my rug beklemtoon en het die ruglyn laag laat sny. Die kleur van die rok is `n Egiptiese goud. Die kleur het ek gekies aangesien ek `n blasvel het en die goud vertoon besonders mooi teen die vel. Elke jaar is dit voorspelbaar watter kleur die meisies kies. In ons skool Overvaal, Vereeniging was ek die enigste matriekulant wat `n goue kleur rok aan gehad het. Alle eer aan Tannie Joey, van Vanderbijlpark wat vir my die rok gemaak het. Ek het soos `n Egiptiese godin gevoel.

 

Sien alle inskrywings

  • AnnaMart

    Voorwaar pragtig, Stylvol en tydloos. Net soos toe jy aan gewys is as Mej Overvaal 2010 en top 6 vir Mej Skole 2011. So weet ons met die goeie gesindheid wat jy het sal jy Mej Matriek 2011 kompetiesie ook aanpak. Sterkte en geniet elke oomblik.

  • Andrea de Jager

    Jolene, jy het beautiful gelyk!

  • Erika van der Merwe

    Jolene, wat ‘n pragtige asemrowende uitrusting. Nie eers te praat van die pragtige persoon wat die uitrustig aanhet. Stunning!!! Sterkte vir die toekoms!

  • Anel Cronje

    Jolene, jy het besonders STUNNING gelyk! Die rok pas uitsteekend by jou! ;-)

  • antjie steenkamp

    PRagtige rok en net so pragtige persoon

  • Erika

    Asemrowend sprokies mooi! Welgedaan! Jy het pragtig gelyk! Sterkte!

  • Marié Cronjé

    Daar is eintlik nie woorde om te beskryf hoe ongelooflik mooi jy gelyk het nie sus, en dit is nie net van buite nie maar beslis ook van binne. Bly net so stunning persoon as wat jy nou is, mag die toekoms vol lekker Verrassings, tonne Liefde en hope Geluk wees.
    Sterkte en geniet dit voluit net soos jy kan!!!!!!!

  • Rassie van Der Merwe

    Jolene jy het pragtig gelyk baie mooi rok die kleur pas jou

  • Sarene

    Jy’ is pragtig Jolene! Die mooiste van almal!

  • Annatjie Bosch

    Jolene,jy het soos n ware feeprinses gelyk.Aspoestertjie se moses.Ek glo jou skool,ouers.familie en vriende is baie trots op jou.Mag daar net voorspoed en geluk op jou lewenspad wag.Sterkte met die eksamens en wat daar op volg.

  • Mags

    Dit is ‘n ongelooflike mooi rok! Jolene, jy lyk pragtig!!!

  • Richard

    Ek kan net dankie se vir die Hemelse Vader vir hierdie wonderlike geskenk wat hy vir ons gegee het. Jy laat my so trots voel op alles wat jy aanpak. Jy doen dit met die regte gesindheid. Jy lyk pragtig my kind, net soos altyd. Hou jou kop hoog en bly net soos jy is.

  • james

    Dis my sussie en baie trots op haar.

  • Jill

    stunning rok..!!

  • Corrie Windt

    Jy het regtig pragtig gelyk Jolene. Voorwaar n trots vir enige ouer!