Matriekafskeid

Jonelle Reynolds

Ek is die laaste kleindogter in ons huis vir wie Oumie ‘n matriekafskeidrok gemaak het. Ek was aanvanklik nie erg opgewonde oor die affere nie – maar Oumie het gevra dat ek vir haar prentjies moet stuur waarvan ek hou en hoe ek graag my rok wou he. Ek het sommer op die internet gaan soek en op DIE prentjie afgekom. Oumie was kortasem en benoud toe sy dit gekry het. Haar eerste opmerking was “Nella, jy haat my!”. Sy het gevra of ek nie dalk ‘n tweede keuse gehad het nie. Maar my rok was my rok. Oumie het dit kom maak voordat hulle see toe is en ek het vir vir vier maande lank elke week na my rok gekyk en hom kort kort aangepas – net om seker te maak ek pas nog in my rok. Ek het nie een dag moeg geword vir my rok nie. Ek het soos ‘n prinses gevoel op my matriek afskeid. Dankie Oumie! Jy is die beste-este-stersterderste!!!!!!

 

Sien alle inskrywings