Matriekafskeid

Juliet Horne

Ek het begin rondkyk vir idees vir ‘n rok. Ek het 2 verskillende prentjies gekry en daarmee begin droom en teken… Die kleure van ‘n pouveer groei op my en daarom het ek die kleure en style gekombineer vir my droomrok. Ek wou graag iets “anders” hê in ‘n rok en het daarom op ‘n kort- en langrok besluit. My niggie se trourok het klein tulle blokkies gehad en dit het my laat besluit om dit op die stertjie-gedeelte te gebruik om die vere-effek te blemtoon. Tannie Karen het aan my droom gestalte gegee hiermee. Om alles te kroon het ek gaan skoene soek. Ek het 2 pare uitgekies en aangepas. Toe die deksel omval het my naam boon-op op dit gepryk!!Tot “Juliette” skoene!! Alles het die prentjie pragtig afgerond en ek kon ‘n DROOM-matriekafskeidrok EN Droom-aand beleef.

 

Sien alle inskrywings

  • Johan Spies

    Ai Julesie, jy het rerig pragtig gelyk en is so mooi kind! Ek kan rerig wyd spog met my Sus se kind! Sterkte met die inskrywing en ook met jou Matriekeksamen! Oom Johan en Tannie Jude.

  • Elmarie

    Pragtig en jy laat my so terug dink aan ons, my, jou ma en ons maters se matriek afskeid……….

  • karin snyman

    Baie moo! 🙂 mal oor die agterkant en jou skoene 🙂

  • Elizca Scheepers

    Baie mooi!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

  • Tannie Beulah.

    Regtig chick!! ek is ook mal oor die kleur…ai die meisiekind lyk so mooi. Sterkte met die inskrywing.

  • Johan en Ursula

    Dit lyk stunning, die vere gee baie mooi detail wat perfek met die rok se kleur en ontwerp inpas.

  • Wilma Guest-Mouton

    Wilma Guest-Mouton: Dit is wonderlik dat jy jou eie styl so fyn kan beskryf. Jou sonnige persoonlikheid het behoorlik uiting gekry in hierdie kombinasie van kleur.

  • marelize

    Juliet jyt absoluut asemrowend gelyk met jou droomrok!die styl en kleur het alles jou borrelende geaardheid vasgevang. Jou sprankelpersoonlikheid is aansteeklik!Jy’s kosbaar v ons.

  • Esmeralda Boshoff

    Jy is ‘n stunning mens en dit word weerspieel in jou stunning,kleurvolle en ubber fun rok! 😀

  • Violet

    Wow. Wow again. Go girl! That dress will take you a long and exciting way.

  • Dave Woest

    Wragtig Pragtig Juliet ! Jy en daai rok is ‘n wenner !
    Baie sterkte met die eksamens !

  • Elaine Pretorius

    Pragtig en uniek! Ek hou veral van die manier hoe die vere ingevoeg is in die bostuk!

  • Marie Boshoff

    Jy het pragtig gelyk …. en jou rok is stunning!!

  • Tanya Singleton

    Pragtige rok, Jules, vir ‘n pragtige meisie. (o: Jy het stunning gelyk!

  • Pieter Visser

    Dit lyk regtig baie mooi Juliet! Wow, die arme ander mense wat by die matriek afskeid was het nie ‘n kans gestaan nie! Dis baie mooi hoe jy die mode uitdaag maar dit steeds elegant doen. Welgedaan!

  • Hermine du Pre

    So pragtig! Mal oor die kleur en daai skoene….! Kan nie GLO jy het so groot geword nie! Wayne en Marelize julle mag maar trots wees!

  • Lelanie Kruger

    Jou rok lyk pragtig en uniek soos jy is. Mag jy nog jare na hierdie matriekafskeid teruggaan na al die mooi fotos en mooi "memories"! Tannie Lelanie Kruger

  • Zandeli Opperman

    Jy lyk pragtig dame!!!

  • Riekie

    Sjoe Juliet, jy het regtig stunning gelyk! Iets heeltemal anders en oorspronklik.

  • DOrelde’

    Ey!!* … SjOh ma jYs rerag moOi en jOu rok nog saAm dit, onbeskryflik!! .. *dis soo uniek!!=)

  • Patrick

    Wow Juliet… ek kan nie eers an die regte woorde om te se! Hoe kan ‘n persoon so mooi, so natuurlik lyk? Jy maak die engels van die Hemel jeloors!