Matriekafskeid

Kaylee Havenga

In vandag se tye voel ons so ver verwyderd van sprokies en wonderwerke, maar met my rok kon ek weer die wonderlike sjarme van ‘n feeverhaal vasvang. Ek het besef dat ek, al was dit net vir ‘n kort rukkie, ook soos ‘n prinses in ‘n sprokiesverhaal kon lyk – dat ek so ‘n oomblik myne kon maak. Taylor Swift het vir my die kwaliteite van ‘n moderne prinses. Ek hou van haar styl maar veral hoe sy haarself transformeer met elke geleentheid. Dit was vir my ook soos ‘n tranformasie. Ek was die prinses in my eie sprokiesverhaal.

Sien alle inskrywings