Matriekafskeid

Keyla Coetzee

Van kleins bou ek lugkastele oor hoe my matriekafskeidrok moet lyk, maar my rok het beslis my wildste drome oortref! Die jaar was ek regtig bevoorreg gewees om ‘n gelukkige trekking by my skool te wen, wat ‘n matriekafskeidrok by die talentvolle en kreatiewe Wilma Du Plessis, ingesluit het. Nog altyd is ek iemand wat hou van iets wat uitstaan. Ek het vir die ontwerper ‘n rofweg skets gegee van my droomrok. Fyn kant en ‘n helder kleur was bo aan my lysie. Ook het ek iets gesoek wat stylvol , elegant en treffend sou lyk! Die kleur van die rok het my beslis komplimenteer. Ek wou graag soos ‘n prinses voel in die rok en dit is presies wat ek gekry het! Dit was ‘n onvergeetlike aand in ‘n asemrowende rok en ek sal die herinnering altyd koester!

 

Sien alle inskrywings

  • Marli

    Stunning Kay!

  • Amanda Restall

    Pragtig niggie! jy het so mooi gelyk en uniek xx

  • marizellle

    Jy het soos ‘n Spaanse prinses gelyk – stunning!!!!!

  • Angelique

    Baie mooi!! ")

  • Leone’

    Te mooi vir woorde ek is so bly alles het uitgewerk soos jy dit wou gehad het vriendin!! Ek se net dankie vir liewe Jesus wat jou altyd so seên!!

  • Maryke de Villiers

    Een van die mooiste rokke wat ek al ooit gesien het.

  • Sonja

    Dis nou hoe ‘n prinses mos lyk! Die skoonheid straal sommer natuurlik van binne af uit! Pragtig!

  • Benita

    Dis een van die min kere wat die rok meer aandag trek as die meisie. Sy laat die rok goed lyk in plaas van die norm waar die rok die meisie laat goed lyk.

    Sy is pragtig maak geen fout.

  • Sharon de Lange

    Elegant & pragtig!

  • Chéri

    Baie baie mooi!!! :))

  • Mieke

    Jys n beauty! Love u key!Kk

  • Patricia Verheem

    Jy is pragtig en die rok is baie spesiaal. Ek stem saam. Die rok pas by jou en komplimenteer jou!

  • Leanie

    Vriendin, baie baie baie mooi! Die rokkie en jy, bly altyd so…