copy_of_img_4276
Matriekafskeid

Lara Blignaut

Ek het in 2008 Mnr & Mej Wonnie by my skool gewen en moes in 2009 my kroon oorhandig aan die volgende Mej Wonnie. Die rok wat ek daardie aand aangehad het het my gedagtes aan die gang gesit. Ek wou ook nog altyd ‘n outydse, maar steed moderne, tipe rok gehad het vir my matriekafskeid. Dit moes baie spesiaal gewees het omdat ek ook 2010 se Hoofmeisie was.

Sien alle inskrywings

  • Christine B

    Rok is iets anders, so baie meisies het die ou-tipe rokke verkies hierdie jaar. Lara wees versigtig om nie te veel jouself so op te blaas nie, m.a.w die ek..ek..ek. Dis nie lekker wanneer iemand hul eie beul so blaas nie en dan kry mens sommer gou gly in die meisie as persoon

  • Lara Blignaut

    Christine B..
    Dit was nie my intensie om my eie beuel te blaas nie. SARIE het gevra elke meisie moet sê waar die inspirasie vir HAAR rok vandaan kom en dit is my storie. Maar dankie vir jou opinie.

  • Leilani Roote

    You could have made your inspirational story more about your dress and how you came about it and less about your "achievements". They really don’t relate…. pretty dress, unique … but I agee with Christine less "me, me, me ooooo me" would have had less of a "Pick me" Donkey in Shrek effect. Sorry but you made it only about you and not really about the dress. Good Luck though!

  • Elize

    Lara,

    Jammer maar ek stem saam met Christine en Leilani, ons wou meer hoor oor die rok en minder oor jou, nie een van die ander meisies het so oor hulself gepraat nie, want dit gaan oor die uitrusting nie oor die inhoud!

  • http://www.sarie.com/lees/artikels/lara-blignaut Fiela

    Lara, ek dink jy en jou rok is albei baie besonders…. baie geluk met dit wat jy bereik het en baie geluk met jou keuse van ‘n rok. Die rok is stunning – is mal oor die kombinasie van die blou en swart – regtig iets besonders vir ‘n besonderse meisie wat met reg kan trots voel op wie en wat sy is – WELL DONE!

  • Karin

    Lara, ek het lank gewonder of ek die kommentaar moet stuur of nie. Ek stem ongelukkig ook saam met Christine, Leilanie en Elize. Ek aanvaar jou verduideliking dat dit nie jou bedoeling was om jou eie beuel te blaas nie. Maar miskien is dit juis ‘n goeie les vir die toekoms, dat wat’n mens se baie maklik anders geinterpreteer kan word as wat jou bedoeling was. Op die ou end in die lewe gaan dit nie oor wat jy bereik het nie, maar die tipe mens wat jy is. Beskou die kritiek as opbouend. Dit is egter ‘n baie mooi rok en baie sterkte met jou toekomsplanne.

  • Lulu

    Lara, jammer dat die mense jou so aanval maar moet sê jy het jou bewoording verkeerd gekies, jy het dit laat klink omdat jy Hoofmeisie is moet jou rok mooier wees as die res! Ek het ook n’ Hoofmeisie en Hoofseun in my huis groot gemaak en ek weet, mense dink jy loop te koop daarmee en blaas jou eie beul sterkte jong en baie geluk met jou prestasies en sterkte met jou toekoms!

  • Resta Eybers

    Lara, jou rok is baie stylvol en elegant. Ek hou daarvan. Iets om oor na te dink vir elkeen – Die kern van die saak is: Ander mense se opinie bepaal nie jou potensiaal nie. Wat hulle sê of dink, verander niks aan wat God in jou geplaas het nie. Moenie toelaat dat negatiewe woorde of gesindhede wortelskiet en keer dat jy vorentoe reik nie! Dalk vra God vandag vir jou: "Wie het vir jou gesê jy is te klein? Wie het vir jou gesê jy is nie intelligent nie? Wie het vir jou gesê jy het nie die nodige talent nie? God sou nie die droom in jou hart geplaas het as Hy nie reeds vir jou alles gegee het wat jy nodig het om dit te verwesenlik nie. Hy roep ons nie om iets te doen sonder dat Hy ons die nodige krag gee om dit te doen nie.(Bron:Joel Osteen 2007)

  • Rosanne

    Dis een van die mooiste rokke tussen die klomp. baie stylvol! Goeie smaak.

  • Coleen

    Ek is n ontwerper. Daar is ook n paar van my rokkies ingeskryf. Ek kyk graag na die ander meisies se rokkies omdat dit my passie is. Ek is betowerd met jou rok. Gee jy om as ek die rok vir nog n spesiale hoofdogter maak. Om hoofdogter te word, is nogal n prestasie. Baie geluk en sterkte met jou toekoms drome.( Die sexy ou in die agtergrond van jou foto, is ook beslis getoor.)