Matriekafskeid

Leanie Nell

Eendag het ek ‘n helder oranje “ding” in my kas sien hang….. my ou revue romp. Ek het dit uit die kas gepluk, voor die spieël ingeklim en ONMIDDELIK geweet dié is my kleur! Ek is nie ‘n meisie wat daarvan hou om in te “blend” nie en nog minder iemand vir vaal en vervelig. So hoekom sou my matriekafskeidrok wees??? Met die wonderlike kleur in gedagte moes ek toe nog net ‘n styl kies. Ek het by Clarris rokke gaan aanpas, maar kon net nie die regte een vind nie. Die winkelassistent bly toe sê al hoe ek die perfekte rok gaan kry, is om self een te laat ontwerp en maak deur Gerrit Pienaar. En raai wat? Net op daardie oomblik was daar ‘n opening in sy besige skedule. Verder nog was daardie dag die laaste dag wat hy bestellings neem. Hoe gelukkig kan ‘n meisie wees! Ek wou uniek, stylvol, elegant, maar nogsteeds verruklik lyk. En om die koppe te laat draai moes ek ‘n bietjie been wys! Ons het sketse opgetrek en voila! Daar’s my fantasmagoriese rok!

 

Sien alle inskrywings

  • Elna Nell

    Super sexy & pragtig

  • catherine

    Ek dink in elke vrou se lewe is jou troudag baie spesiaal en in elke meisie se lewe die matriekafskeid. Leanie jy lyk soos ‘n Mej Venezuela. Die kleur lyk stunning, en nie eens te praat van die mooi bene nie.

  • Adri

    Wow! Leanie lyk baie mooi in hierdie nommertjie. Dis die perfekte kleur vir haar en sy lyk stylvoll!

  • Wanda

    Jy’t pragtig gelyk Liaan!!!! En verseker het jy die koppe laat draai! Perfekte rok, vir die perfekte girl!
    "The colour orange also stimulates enthusiasm and creativity. Orange means vitality with endurance. People who like orange are usually thoughtful and sincere. Lady luck’s color is orange."

  • Irma

    Leanie – jy is die beeld van klas, styl en sofistikasie….jy het regtig stunning gelyk en het uitgestaan bo die res. Ek hoop regtig jy wen xxx

  • Keyla

    PRAGTIG VRIENDIN!!*

  • Celeste

    So mooi!!!! Ek is so trots op jou Liaan!!! Jy is nou die roosknoppie wat besig is om oop te gaan met die heerlikste, soetste geur. Soveel potensiaal en moontlikhede…….! Pragtig!

  • Moira Pretorius

    Leanie, jy het so mooi gelyk, so stylvol en pragtig. Jy is so ‘n spesiale mens.

  • Janie Stevenson

    Leanie, jy lyk soos ‘n superster! Net ‘n paar flitsende kameras en rooi tapyt en jy is ‘n ster. Dit help dat jy ‘n baie gawe mens is!!

  • Louise Louw

    Sjoe, Pragtig Leanie. Jy’t verseker my stem.

  • Ruan Pretorius

    Baie mooi my skat…. Jy is ‘n ware prinsesie….x

  • joanita

    ooohhhhh llllaalllllaaaaa sy lyk sexy