Matriekafskeid

Leigh-Ann Benn

Ek wou ‘n baie elegante rok hê wat nie te veel teurlanteintjies gehad het nie. Ek wou dit baie basies maar mooi hou. Dit het so outydse gevoel met ‘n moderne “twist”. Dit het vir my maande se navorsing en slapelose nagte geneem om uiteindelik met die perfekte ontwerp voorendag te kom. Ek was baie presies oor die fyn “detail” op my rok, want ek is baie presies oor wat ek wil hê. Ek het geweet watter kleurskema ek wou gebruik maar die ontwerp was nog onduidelik. Ek het op die einde verskillende onwerpe uit modetydskrifte bymekaar gesit om die meesterstuk n realiteit te maak. Ek is ‘n mode guru en alles moet stylvol wees. My rok beskryf my persoonlikheid elegant, stylvol en baie modern. Dit pas my soos ‘n handskoen letterlik en figuurlik. My rok is ‘n “blast from the past meets the modern era”.

Sien alle inskrywings

  • coleen

    Baie persoonlikheid en borrelende vreugde. Jy straal girl!

  • Brenda

    Baie mooi, jy het stunning gelyk