Matriekafskeid

Leigh-Anne Charlton

“Die beste dinge in die lewe is pienk!” My rok is een van hulle: Ek het die mooiste rok bestel! selfs die dae afgetel… Groot was my teleurstelling, toe hulle dit vir my bring… Ek het ‘n prentjie gehad in my kop maar dit was n totale flop! Dae later was ek geïnspireer Toe kon niks my meer keer! “Sequins” het ek en my ouma een vir een vasgewerk Al was ons tyd met ‘n week beperk… Die oggend voor die tyd was ons nogsteeds nie klaar Ons hande was al letterlik gaar! Maar die eindresultaat het ons beslis bereik My rok het soos ‘n droom gelyk! Dié pienk rok het mý geïnspireer Om enige negatief in positief te transformeer!

 

Sien alle inskrywings

  • Tina Brink

    ‘n Pragtige meisie en ‘n pragtige rok! Beslis ‘n wenner!

  • Annestashia

    Awwwwww my awesome maiq!!! Jys net soos die beste! Jyt flipen stunning gelyk, en ekt ook der ju geleer hu om die beste van n slegte ding te maak! Bly altyd so n sonskyn kind wat my dagie ophelder met net een glimlagie! LOVIES U MY OU STOUTGAT tjoma!!! Van annaq

  • Rosemary Dymond

    ‘n Prinses, jy het pragtig gelyk in jou pienk rok met die sequins, geniet hierdie tyd van jou lewe! xx