img_0192
Matriekafskeid

Lènatha Scheepers

My liefde vir die natuur en helder kleure, was die inspirasie vir my rok. Die groot besluit moes gemaak word oor watter kleur om my rok te maak. Ons was eendag by ‘n teetuin en wat sien ek daar, ‘n pou en dis toe dat ek onthou het dat ek as kind altyd na my asem gesnak het wanneer ek ‘n pou sien loop en pronk het met sy asemrowende vere. Dit lyk altyd vir my so statig as hy so loop en pronk. Dit het my laat besef dat elke meisie op haar matriekafskeid moet pronk in haar rok, die dat ek besluit het om pouvere in my rok te gebruik. Die eind resultaat het my asem weggeslaan en ek het soos ‘n prinses daarin gevoel. Het nie genoeg woorde om vir my ouers dankie te sê vir my droomrok nie. Dit is ‘n dag wat ewig by my sal bly.

Sien alle inskrywings

  • Sarie

    Ongelooflik uniek, die kleure pas so mooi saam!!! Beslis iets vir die beoordeelaars se oog…