Matriekafskeid

Leney Koen

Janica, my tienjarige niggie, het ‘n prentjie van ‘n rok vir my gestuur. Sy het gesê sy het volle vertroue in my om so ‘n rok met styl en sjarme te dra. Ek het besluit om haar idee te gebruik – die spreekwoord sê mos: “Uit die mond van die suigeling sal jy die waarheid hoor”. Met die hulp van MC Design & Couture was dit moontlik om hierdie prentjie in ‘n werklikheid te omskep. Janica was reg! Ek het stylvol en sjarmant gevoel en die rok het beslis bygedra om my matriekafskeid ‘n onvergeetlike aand te maak.

Sien alle inskrywings