Matriekafskeid

Lezaan Nel

My rok is geinspireer deur die pragtige rok wat Pippa Midelton gedra het vir William en Kate se troue.Dit is elegant,styelvol en sal altyd in die mode wees. Ek het eerste my skoene gekoop en het daarom besluit om die onderste lagie van die rok silwer te maak omdat dit my skoene sal komplimenteer.Die helder blou-pers kleur is perfek vir die somer se vrolike kleure en is nie te ernstig of dramaties nie, wat pas by my persoonlikheid. Die blou-pers bo-oor die silwer gee die rok lewe en karakter.Die oop rug en die slit is jonk en spelerig. Ek het besluit op die silwer diamante bo aan die rok omdat dit die rok afwerk en perfek pas by my ouma se oorbelle. Dit was die perfekte rok vir die perfekte aand.

 

Sien alle inskrywings

  • Analja Briel

    Oh My WORD!!! Lezaan Jy het beeldskoon gelyk! Die rok het jou perfek gepas, en ek is mal oor jou Ouma se oorbelle! Antique maar baie baie stylvol! Ek kry die ander meisies baie jammer want jy het die aan gesteel om so mooi te lyk! En jy het die regte lyfie om daai rok te dra:-)- Liefies x0x0

  • Shirley Theron

    WOW,WOW,WOW. Dis daai stunning rok, die perfekte skoene, die mooiste lyfie, ouma se oorbelle, die mees beelskone gesiggie en die kersie op die koek….jy het die mooiste persoonlikheid…Luv u

  • Michele

    WOW!Jy lyk asemrowend en jy was waarskynlik die aandster tussen al die klein sterretjies.Die rok is baie elegant sowel as modernisties.Jou vel,oë en hare word deur die kleure van die rok beklemtoon.Dit is definitief ‘n rok wat enige ster sal wil he en waaroor enige iemand oor sal droom.Ek hou van al die verskeie elemente wat in jou rok voorkom:die vloeiende bewegingsvolle lyne
    die gladde tekstuur
    die kleur blou wat waarheid en jeug simboliseer
    silwer wat "purity" simboliseer
    die vorms
    Dis definitief ‘n KUNSWERK vol betekenis,emosie sowel as karakter!

    As ‘n mens ‘n statement wil maak is dit definitief die beste opsie

    Die rok IS SA se BESTE matriekrok

    You go girl!!!!

  • lloyd wegerle

    jy het pragtig gelyk! xxx

  • Monique van Tonder

    Die pragtigste rok op die pragtigste jong dame!! Stylvol, elegant en dit pas nog perfek by jou ook! Die blou en silwer kleur kombinasie met die pragtige snit is perfek vir die geleentheid – dankie dat jy die fotos met ons deel!xoxo

  • Annette Saayman

    Ek het jou in lewende lywe gesien – jy het pragtig gelyk ! Stylvol & smaakvol ! Sterkte — Tannie Annette

  • MARASHI

    You look FABULOUS in that FABULOUS dress!It really is a beyond incredible dress and it really complements you.I certainly think you are going to win,if you don’t then the people must have lost their glasses!!!!!!

  • ATEL

    JY EN JOU ROK WAS PRAGTIG

  • Saretta Gelderblom

    Jonk en vars. ‘n Meisie met inherente styl, natuurlike elegansie en ‘n pragtige persoonlikheid. Alles mooi saamgevat in haar keuse van elke element van die geheelprentjie. ‘n Slim foto om tegelykertyd die rugkant, en dus ‘n ‘rondomprentjie’ te toon. Welgedaan Lezaan!

  • Elizabeth

    Dit lyk sommer of jy dt geniet het om die rok te dra .Ek dink die rok is pragtig en het perfek by jou gepas . Sterkte.

  • willem

    Jy is pragtig!Love u lots.Xo Xo

  • Rochalle Jordaan

    WOWEE zaan,,
    Ek is mal verby oor die foto!!
    Hierdie is regtig iets besonders! Ek is mal oor die oop rug!!*