310275_10150308506069926_647094925_8237017_451540444_n_1_
Matriekafskeid

Lezanne Hough

Sedert graad 8 het ek geweet ek gaan ‘n geel matriekafskeidrok dra. Aan die begin van die jaar was ek een van die modelle by ons skool se modeparade en het ek van die ontwerper se aandrokke gemodeleer. Ek het dadelik verlief geraak op haar styl en kwaliteit werk. Ek het my hart verloor op die rok in ‘n bruidstydskrif en geweet dit is presies wat ek wil he. Ek voel my rok weerspieel my personlikheid, dit is vrolik, vroulik en “jonk”. Ek is bewus dat die kleur van my rok tans gereeld op loop planke regoor die wereld verskyn en daarom dink ek my keuse is perfek vir die seisoen. Liezel het my droom rok ‘n realiteit gemaak en ek kan nie my matriekafskeid in enige ander rok in dink nie.

 

Sien alle inskrywings