img_6900
Matriekafskeid

Liedeke de Klerk

My hele lewe lank het ek gedroom van ‘n rok wat “anders” is en net by my geaardheid pas. My matriekafskeidrok was ‘n kopseer, want ek wou almal se koppe laat draai het. Ons het orals gesoek vir hierdie perfekte rok en het by twee wonderlike ontwerpers uitgekom. Hulle was bereid om hierdie “KUNSROK” vir my te maak. Dit was vir ons almal ‘n uitdaging en avontuur. Oorspronklik sou dit ‘n rooi rok gewees het, maar met al die verskillende teksture, kleure en detail het hierdie rok sy eie karakter ontwikkel! Alles het natuurlik bygedra dat nie net die rok nie, maar ook die aand my soos ‘n sprokiesprinses laat voel het!!!!

Sien alle inskrywings

  • Petra

    Jy het stunning gelyk.