Matriekafskeid

Liezl Kemp

Aan die begin van die jaar het al die meisies by die skool gepraat oor hulle idees vir hul matriekafskeidrokke. Elke keer wat ek so na die gesprekke geluister het, het ek besef ek het nie ‘n benul oor hoe ek wil hê my rok moet lyk nie! Dit het my laat besluit om op die internet na idees te gaan soek. Ek het ‘n hele paar rokke gevind wat my aandag getrek het, maar uiteindelik was daar een foto wat net daardie “WOW!” reaksie by my uitgelok het. Die rok was perfek! Dit was elegant. Dit was anders en uniek, sonder om oorbodig te wees. Ek het onmiddellik gesê: “Dis my rok!”. Die uitdaging was toe net om iemand te kry wat my droomrok kon maak. Na dae se gesoek het ek op Daniele Naude se webtuiste afgekom. Ek het dadelik aanklank by haar ontwerpe gevind. Ek het vir haar die foto gewys, en sy het die rok byna net so van ‘n prentjie af gemaak. Ek is steeds stomgeslaan!

 

Sien alle inskrywings

  • Engela Steenberg

    Jy lyk soos ‘n prentjie. Regtig baie mooi.

  • Jaco

    Mooiste girl in die wêreld!(veral in die mooiste rok ooit)

  • DJ Raine

    Liezl is positively stunning in this gown. Flowing and radiant!

  • Elizabeth Smith

    This dress is beautiful and so is the girl wearing it!

  • Friedy

    This is one stunning picture. Specially the dress looks awesome. I think I have never seen such a lovely beautiful, pretty couple.

  • E Louw

    Jou rok is fantasties en julle lyk pragtig!!

  • Heather Dunkley

    love the Dress its very beautiful.